Datum Gepubliseer: 29 September 2020
As n matriek student is jou APS telling baie belangrik wanneer jy, na matriek, verder wil studeer. Die punte wat jy ontvang in matriek sal bepaal of jy aanvaar word by ‘n universiteit of nie. Daarom is dit belangrik vir matriek studente om die APS (toegang punt telling) sisteem te verstaan.
Die doel van die APS telling
Matriek studente moet bewus word van die APS telling en dit ten volle verstaan. Die APS sisteem verskil van universiteit tot universiteit, en studente moet dit in ag neem wanneer hulle vakke kies in hoërskool.
Studente moet goed presteer in graad elf en verstaan dat hulle nie aanvaar sal word by ‘n universiteit as hulle net aan die minimum vereistes voldoen nie. Universiteite ontvang baie aansoeke en hulle kies net die beste.
Jy moet jou finale uitslae hê om jou APS telling te bereken.
Wanneer die universiteit jou uitslae kry verander hulle jou matriek vak resultate na ‘n punte sisteem toe. Die punte word dan bymekaar getel om vir jou, jou APS telling te bereken.
APS telling voorbeeld
Wat moet my APS telling wees vir universiteit
Jou APS telling sal bepaal of jy aanvaar word by ‘n universiteit. Elke universiteit het hulle eie APS telling vereistes. Seker kursusse het ook hulle eie APS telling vereistes. Sommige universiteite gebruik nie Lewensoriëntering wanneer hulle jou APS telling bereken nie. Dis omdat die vak nie relevant is vir enige kursus nie.
Hoe gebruik universiteite jou APS telling
Wanneer jy aansoek doen by ‘n universiteit gebruik hulle jou totale APS telling om te sien of jy kwalifiseer vir die kursus waarvoor jy aansoek gedoen het.
Die APS telling sisteem help die universiteit om die hoeveelheid aansoeke te filter en net die beste kandidate in aanmerking te neem. Sekere universiteite het meer nodig as net jou APS telling. Hulle kan jou dalk vra om n portefeulje voor te lê, oudisie by te woon of ‘n onderhoud by te woon voordat hulle jou aanvaar. Jy sal ook ‘n toelatingseksamen van die universiteit moet aflê.
As jy nie voldoen aan die minimum vereistes om by ‘n universiteit te studeer nie, kan jy aansoek doen by ‘n kollege, tegniese universiteit of aansoek doen by ‘n afstandonderrig kollege
Lees die oorspronklike artiekel hier.
Outeur: Omega Fumba
Vertaling: Britney Koen