Datum Gepubliseer: 29 September 2020
Vir die eerste keer, is die vrystellingsdatum vir die Matriek Uitslae uitgestel na Februarie 2021. Dit was te wagte na die akademiese onderbrekings as gevolg van die COVID– 19 pandemie.
Die Onderwys Departement het hul versekering gegee dat die uitgestelde datum geensins ‘n impak sal hê op enige akademiese aansoeke nie.
Jan Badenhorst, Hoof van Matriek Kollege, praat oor die matriek resultate van die afgelope dekade.
Die nuwe vrystellings datum
Normaalweg sou ons die uitslae al in Januarie ontvang het, maar die matriek klas van 2020 sal ongelukkig moet wag. Die matriek resultate vir die 2020 klas, sal eers die 23ste Februarie 2021 beskikbaar wees.
Dit is meer as ‘n maand na die gewone datum. Matriek uitslae is gewoonlik al beskikbaar teen die 5de of 6de Januarie.
Die nuwe Kurrikulum
Dit is nie net die uitslae se datum wat geaffekteer is deur die pandemie nie. Die skool kurrikulum is ook “gesny” deur die Departement van Basiese Onderwys. Dit was ‘n hernuwingsinitiatief om die 2020 akademiese jaar te red.
Ten spyte van die verkorte kurrikulum, sal die eksamen vraestelle ongelukkig nie die nuwe kurrikulum so weerspieël nie. Leerders sal steeds verwag word om oor die volle kurrikulum eksamen te skryf.
Lees meer oor die verkorte kurrikulum hier.
Die nuwe eksamen datum
Die eksamen periode vir publieke skole is bekend gemaak deur die Departement van Basiese Onderwys. Die gekombineerde Junie en November eksamens, sal plaas vind vanaf 5de November tot 15de Desember.
Die Departement van Basiese Onderwys het die verandering aangebring, om leerders en opvoeders te ondersteun sodat hulle die kurrikulum betyds kan afhandel voor die eksamens begin. Die Nasionale inperking het ‘n geweldige verlies aan akademiese tyd veroorsaak, en leerders en opvoeders sukkel om al die werk betyds af te handel.
Lees meer oor die eksamens hier.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaling: Michelle Faddel