Waarom jy nooit spyt sal wees omdat jy verder studeer nie

Datum Gepubliseer: 10 Desember 2020

Deur verder te studeer verhoog jy jou kanse om ‘n werk te kry.  Statistieke het bewys dat hoe meer geleerdheid jy het, hoe beter is jou kanse om aangestel te word by ‘n maatskappy.  Dit is natuurlik net een van die redes, hier volg nog ‘n paar:  

  • Inkomste Potensiaal en die Arbeidsmark 
  • Verbreed jou Opinies
  • Onderrig as Geldeenheid 
  • Selfvertroue en Appèl
  • Dit wys dat jy hardwerkend is

Inkomste Potensiaal en die Arbeidsmark

In Suid Afrika het meer as 55% van die werklose individu nie hul matriek jaar voltooi nie.  Hul inkomste potensiaal is tussen R1704 en R2660 per maand. 

Met ‘n matriek sertifikaat, verdubbel jou inkomste potensiaal na R4977 per maand, tog maak hierdie individu net 34.7% van die werkloses uit. Met net een jaar van tersiêre onderrig bygevoeg, kan jou inkomste potensiaal verhoog na R13 378

‘n Baccalaureus Graad verhoog jou inkomste na ‘n gemiddeld van R21 527 per maand.  Hierdie vlak van onderrig maak net 1.9% uit van die werkloses in Suid Afrika. 

Dit is net ‘n bewys dat verdere onderrig baie belangrik is om te kompeteer in die arbeidsmark in Suid Afrika.  

Deur net een jaar se verdere studies, is dit alreeds makliker om ‘n stabiele leefbare loon te verdien, terwyl jy slegs ‘n 6.8% kans het om werkloos te wees.

Jy sal jou opinies verbreed

Tersiêre opleiding kan baie deure vir jou oopmaak, wat moontlik gesluit sou gebly het.  Terwyl jy studeer aan ‘n tersiêre kursus, word jy aangemoedig om anders te dink as toe jy op skool was.

Dit sluit die ontwikkeling in van:  

  • Probleemoplossing Vaardigheid
  • Leierskap Vaardigheid 
  • Tyd Bestuur Vaardigheid 
  • Geduld 
  • Begrip 

Tersiêre Opleiding beteken ook dat jy met mense van verskillende lewensterreine sal werk en sodoende sal jy ‘n wyer perspektief kry op kultuur, politieke opinie en empatie.

Jy sou nie hierdie vaardighede aangeleer het, as jou nie besluit het om verder te studeer nie.  Met tersiêre onderrig, sal jy jou opinies oor die wêreld verbreed en kennis ontwikkel wat jy nie anders sou gehad het nie.

Onderrig as Geldeenheid

Kwalifikasies en grade speel ‘n groot rol in Suid Afrika.  Jou kwalifikasies is jou toegang tot ‘n droom loopbaan en is baie belangrik om te verseker dat jy ‘n goeie werk kry. 

Soos bo genoem, dit sal jou nie net help om ‘n goeie werk te kry nie, maar ook jou verdienste potensiaal verbeter.  In ander woorde, jy sal meer geld verdien met jou kwalifikasies, as sonder een.

Selfvertroue en Appèl

Mense met kwalifikasies word dikwels met meer respek behandel en hulle kwalifikasies gee hulle ‘n in diepte kennis in hul spesifieke veld.

Indien jy jou eie besigheid wil begin sonder kwalifikasies is dit baie moeilik om te weet waar jy moet begin en wat om te doen.

Met ‘n Besigheid kwalifikasie, sal jy verstaan hoe ondernemings werk en hoe om self een te begin, vanweë die kennis wat jy moet jou kursus opgedoen het. 

Deur verder te studeer sal jy die selfvertroue en kennis opdoen wat jy nodig sal hê om nuwe loopbane en risiko’s in die lewe te volg, soos om jou eie besigheid te besit.

Dit wys dat jy Hardwerkend is

Tersiêre opleiding bewys dat jy hardwerkend is, omdat jy studeer het en jou kursus voltooi het.  Dit wys ook aan werkgewers dat jy goeie werksetiek het.

Dink aan al die harde werk wat daaraan verbonde is om ‘n kwalifikasie te verwerf.  Daarna is jou ten volle toegerus met genoeg kennis en vaardigheid om enige situasie van ‘n voldag werk te hanteer.

Vir meer inligting hoe om die regte loopbaan te kies, klik hier.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler: Michelle Faddel