Datum Gepubliseer: 7 Desember 2020
Voordat jy jou uitslae ontvang, moet jy weet wat hulle beteken en hoe om dit te lees. Daar is ‘n paar dinge wat jy moet weet van jou uitslae, insluitend:
- Verskillende Slaag Vlakke
- Studeer sonder Matriek
- Opgradering van jou uitslae
Hier is alles wat jy moet weet voordat jy jou uitslae ontvang.
Verskillende Slaag Vlakke
Wanneer jy jou uitslae kry, sal jy ook jou slaag vlak ontvang.
- Baccalaureus Graad Slaag
- Diploma Slaag
- Hoër Sertifikaat Slaag
- Nasionale Senior Sertifikaat Slaag
Baccalaureus Graad Slaag
Dit is die vereiste slaag om aansoek by ‘n universiteit te doen. Dit beteken die minimum punte wat vereis word vir ‘n universiteits kursus.
Vir ‘n Baccalaureus Graad Slaag, het jy die volgende nodig:
- ‘n APS telling van 4 in ten minste 4 hoë krediet vakke
- ‘n APS telling van 3 in jou huis taal
- ‘n APS telling van 2 in enige ander vakke
- ‘n Totale APS telling van 23 (vind die APS totaal berekening hulp hier)
Diploma Slaag
Die Diploma slaag is ‘n vereiste om te kwalifiseer vir ‘n Diploma kursus:
- ‘n APS telling van ten minste 3 in jou huis taal
- ‘n APS telling van ten minste 3 in 4 hoë krediet vakke
- ‘n APS telling van 2 in enige ander 2 vakke
- ‘n Totale APS telling van 19 (vind die APS totaal berekening hulp hier)
Hoër Sertifikaat Slaag
Met ‘n Hoër Sertifikaat slaag, kwalifiseer jy slegs vir hoër sertifikaat kursusse of kolleges.
- ‘n APS telling van ten minste 3 in jou huis taal
- ‘n APS telling van ten minste 3 in 2 ander vakke
- ‘n APS telling van 2 in 3 ander vakke
- ‘n Totale APS telling van 15 (vind die APS totaal berekening hulp hier)
Nasionale Senior Sertifikaat
Met ‘n Nasionale Senior Sertifikaat slaag kan jy nie by ‘n universiteit studeer nie. Jy kan wel aansoek doen by ambag kollege of ‘n kursus kies wat nie ‘n matriek sertifikaat vereis nie:
- ‘n APS telling van ten minste 3 in jou huis taal
- ‘n APS telling van ten minste 3 in 2 ander vakke
- ‘n APS telling van 2 in 4 ander vakke
- ‘n Totale APS telling van 14 (vind die APS totaal berekening hulp hier)
Jy kan sonder matriek verder studeer
Jy kan jou opleiding verder bevorder sonder ‘n matriek sertifikaat. Indien jy nie matriek geslaag het, of genoeg punte behaal het om te kwalifiseer vir ‘n sekere kursus nie.
Met ‘n instelling soos Matriek Kollege, kan jy kwalifikasies kry waarmee jy ‘n loopbaan kan bou sonder dat jy matriek geslaag het. Hoogs aanbevole kolleges wat sulke kursusse aanbied is:
- Matric College
- Matriek Kollege
- Bellview Institute of Distance Learning
- Learning Group
- Ember Academy
- Matriek Kollege
- Skills Academy
Opgradering van jou Uitslae
Indien jy nie die resultate gekry het waarvoor jy gehoop het nie, kan jy altyd aansoek doen vir ‘m Matriek Opgradering. Dit sal ook help indien jy:
- Sekere vakke nie geslaag het nie
- Indien jy vakke moet verander om te kwalifiseer vir ‘n sekere kursus
- Indien jy jou resultate vir verbeter
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel