Hoe om suksesvol aansoek te doen vir ‘n beurs

Datum Gepubliseer: 18 Desember 2020

Om vir ‘n beurs gekies te word, moet jy seker maak dat jou beursaansoek uitstaan. 

Neem kennis dat elke beurs se aansoek proses verskil. Dit is belangrik dat jy die beurs, waarvoor jy aansoek doen verstaan, voordat jy met die aansoek proses begin.

Beurs aansoek wenke

Hier is ‘n paar wenke om jou te help suksesvol aansoek doen vir ‘n beurs:

  1. Skryf ‘n motiverings brief
  2. Heg ‘n verwysings brief aan
  3. Wees selektief wanneer jy jou aktiwiteite en prestasies byvoeg
  4. Proeflees jou aansoek

Skryf ‘n motiverings brief

‘n Motiverings brief gee jou ‘n geleentheid om te verduidelik waarom jy die beste kandidaat vir die beurs is.

Wanneer jy jou motiverings brief skryf, probeer dit baie professioneel hou.  Hou dit kort ek kragtig.

Skryf oor jouself, wat jy graag wil studeer, hoekom jy die spesifieke kursus gekies het en waar jy jouself sien nadat jy jou graad ontvang het.

Heg ‘n verwysings brief aan

Kry iemand professioneel wat weet hoe om ‘n verwysings brief te skryf.  Dit kan jou onderwyser of ‘n adviseer wees van jou skool.

Die persoon wat die brief skryf moet jou sterk punte, sowel as jou prestasies en vermoëns ken.

‘n Verwysings brief moet jou akademiese sukses beklemtoon.  Wees seker jy kies die regte persoon.

Wees selektief wanneer jy jou aktiwiteite en prestasies byvoeg.

Wanneer jy jou motiverings brief skryf, is dit belangrik om net die relevante prestasies, toekennings en aktiwiteite te noem.  Kyk na jou lys en noem net wat jy dink belangrik is.

Proeflees jou aansoek

Sodra jy jou brief klaar geskryf het, gee dit aan iemand anders om te lees vir enige spel foute.  Jy kan ook ‘n onderwyser vra om jou brief te lees.

Hoe om aansoek te doen vir NSFAS befondsing?

Die Nasionale Studente Hulp Skema (NSFAS) is ‘n organisasie wat finansiële bystand bied aan studente wat verder wil leer.  Hier is die vereistes om vir NSFAS befondsing te kwalifiseer:

  • Jy moet ‘n Suid Afrikaanse burger wees:   Elke aansoeker moet in die besit wees van ‘n geldige paspoort om te kwalifiseer.  Hierdie beleid is ingebring sodat Suid Afrika hul eie burgers kan help.
  • Gesamentlike huishoudelike inkomste is minder as R350 000 per jaar:  NSFAS sal bewyse van jou huishoudelike inkomste versoek.
  • Jy ontvang SASSA:  Indien jy vir SASSA kwalifiseer en aktief ontvang, is geen huishoudelike inkomste bewys nodig nie. 
  • Jy is gestremd en woon in ‘n huishouding met in jaarlikse inkomste van minder as R600 000.  Om te kwalifiseer moet jy die vorm invul.

Klik hier vir meer inligting oor NSFAS befondsing.

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel