Datum Gepubliseer: 18 Desember 2020
Dit is nie die einde van die wêreld as jy nie jou matriek geslaag het nie, daar is vele ander opsies vir jou. Indien jy nog jou matriek wil behaal, kan jy dit nog doen!
Ek het nie my matriek geslaag nie – Wat nou?
Matriek opgradering
Matriek opgradering gee jou ‘n geleentheid om jou punte te verbeter. Wanneer jy jou matriek opgradeer hoef jy nie al jou vakke oor te skryf nie, jy hoef net te fokus op die vakke wat jy wil verbeter.
‘n Matriek Opgradering kan baie nuttig wees vir studente wie beter resultate nodig het vir universiteit of kollege toelating.
Hoe om jou matriek te opgradeer
- Stap 1: Doen navorsing en kry ‘n duidelike begrip van die loopbaan pad wat jy wil volg
- Stap 2: Besluit watter stappe jy wil verbeter
- Stap 3: Registreer vir ‘n matriek opgradering by Matriek Kollege
- Stap 4: Weet wanneer jy eksamen skryf en wees voorbereid
- Stap 5: Wees betyds en skryf jou eksamen
Opsies nadat jy nie matriek geslaag het nie
Indien jy nie jou matriek geslaag het nie, sal jy nie forseer word om dit oor te skryf nie. Daar is ‘n verskeidenheid van ander studie opsies vir jou om van te kies:
Die Institute of Certified Bookkeepers is ‘n geakkrediteerde instansie vir besigheid kwalifikasies in Suid Afrika. Indien jy ‘n geakkrediteerde kursus wil studeer, kan jy een van die volgende ICB-Kursusse kies:
- ICB Financial Accounting
- ICB Business Management
- ICB Office Administration
- ICB Public Sector Accounting
- ICB Entrepreneurship
Klik hier vir kursusse wat jy kan studeer sonder matriek.
Ek moet matriek hê
Indien jy graag jou matriek wil kry, kan jy aansoek doen vir Volwasse Matriek. Volwasse matriek, ook bekend as die Gewysigde Nasionale Senior Sertifikaat (ANSC), is ‘n manier vir mense ouer as 21 jaar, wat graad 9 voltooi het, om ‘n matriek sertifikaat te verwerf.
Om te kwalifiseer vir die Volwasse Matriek eksamen moet jy aan die volgende vereistes voldoen:
- Jy moet 21 jaar of ouer wees om jou matriek eksamen vir volwassenes af te lê
- Moet graad 9 of ‘n kwalifikasie gelykstaande aan graad 9 voltooi het
- ‘n Gewaarmerkte afskrif van jou ID (Suid Afrikaanse kandidate)
- Geldige paspoort, visum of studie permit (Buitelandse kandidate)
- Bewys van adres
- Afskrif van jou vorige uitslag se hoogste kwalifikasie
Wil jy aansoek doen vir een van ons kursusse?
Praat met een van ons konsultante vir meer informasie oor die herskryf van jou matriek.
Skakel ons by 012 762 7100
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel