Datum Gepubliseer: 21 Desember 2020
Om vir meer as twee maande te wag vir jou matriek uitslae kan baie stresvol wees. Dit is belangrik om die tyd te gebruik om jou vaardighede te verbeter.
Dink aan verbeteringe van vaardighede soos:
- Skryfvaardighede
- Rekenaar Vaardighede
- Vryskut Vaardighede
- Studie Vaardighede
- Onderhoud Vaardighede
Skryf Vaardighede
Skryfwerk is iets wat jy gereeld gaan doen wanneer jy tersiêre opleiding kies. Of dit nou opstelle, kreatiewe skryfwerk of net opsommings van jou werk is – daar is altyd ruimte vir verbetering.
Om te begin met verbetering van jou skryfvaardigheid, oefen:
- Skerp jou spelling en grammatika op
- Skryf elke dag
- Lees meer om beter te verstaan hoe skrywers skryf
- Sluit aan by ‘n werkwinkel of klas
- Boots skrywers na wat jy bewonder
Rekenaar Vaardighede
Rekenaar Vaardighede is ‘n goeie vaardigheid om te verbeter as jy die tyd het. Alle werksruimtes beweeg meestal aanlyn en om suksesvol te wees, moet jy weet hoe om die rekenaar te gebruik.
Verbeter jou rekenaar vaardigheid deur:
- Begin met die basiese beginsels oor hoe om ‘n rekenaar te gebruik en te navigeer
- Neem ‘n gratis of goedkoop rekenaar kursus
- Begin werk aan die Microsoft Office programme (dit sal baie voordelig wees as jy aansoek doen vir werk)
Vryskut Vaardighede
Vryskut is ‘n goeie manier om ekstra geld te verdien voor, gedurende en na jou studies.
Begin om jou vryskut vaardighede te oefen en bou vir jou ‘n portefeulje sodat mense jou werk kan sien. Dit geld vir werk soos skryf, grimering, kuns, teken fotografie en vele meer.
Hoe meer jy jou vryskut vaardighede gebruik, hoe beter sal jy raak en sodoende ook meer geld verdien.
Onthou jou portefeulje sal die rede wees waarom iemand jou as vryskut sal kies, gebruik dus die tyd om aan jou portefeulje te werk.
Studie Vaardighede
Indien jy dit oorweeg om jou opleiding te bevorder, is dit ‘n goeie idee om jou studie vaardigheid op te knap. Dit sluit die volgende in:
- Netheid
- Organisering
- Studie Skedulering
- Tydbestuur
- Samevattende vaardighede
- Dissipline
Die laaste een is veral belangrik indien jy van plan is om via afstandsonderrig te studeer.
Indien jy besluit om die studie opsie te volg, is dit veral belangrik om al die bogenoemde vaardighede te verfyn om in afstandsonderrig sukses vol te wees.
Onderhoud Vaardighede
Nou dat jy klaar is met skool, dink jy dalk aan werk. Dit beteken dat jy nou aan jou onderhoud vaardighede moet werk.
Begin werk aan die toepaslike taal- en liggaamshouding wat jy in ‘n onderhoud moet gebruik. Dit sluit ook luister vaardighede in.
Oefen hoe om vrae te beantwoord en hoe om jou senuwees te hanteer, sodat jy meer voorbereid is, wanneer dit tyd is vir ‘n onderhoud.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel