Ek het nie matriek nie, wat maak ek nou?

Datum Gepubliseer: 5 Oktober 2020

Die weg na Hoër Onderwys en sukses word nie net deur matriek behaal nie.  As jy nie ‘n matriek sertifikaat het nie, maar jy wil graag verder studeer, is daar ‘n paar opsies om van te kies.

Waar kan ek verder studeer, as ek nie matriek het nie?

Die volgende kolleges bied kursusse aan waarvoor jy nie ‘n matriek sertifikaat nodig het nie.

Watter loopbaan kan ek doen sonder matriek?

Jy kan die volgende kursusse studeer sonder ‘n matriek sertifikaat.

ICB kursusse

Opvoedkundige en kindersorg

Skoonheidsterapie

Wat is gelykstaande aan matriek?

Jy kan ‘n matriek ekwivalente kursus op ‘n NQF 4-vlak studeer.  Dit is belangrik om te weet dat die studie na ‘n NQF 4-kwalifikasie nie beteken dat jy vir jou matriek studeer nie.

Is NQF 4 dieselfde as matriek?

‘n “National Qualifications Framework (NQF) 4” is op dieselfde opvoedkundige vlak as ‘n matriek sertifikaat. Die NQF verseker dat alle verskillende opvoedkundige vlakke herken word.

Alle grade, diplomas en sertifikate val onder die NQF en hul verskillende vlakke.

Kan ek universiteit toe gaan sonder matriek?

Nee, jy kan nie sonder ‘n matriek sertifikaat by ‘n universiteit studeer nie.

Wat is my kind se loopbaan opsies as hulle nie hoërskool voltooi het nie?

Indien jou kind nie veel belangstelling toon om ‘n matriek sertifikaat te kry nie, is dit nie ‘n probleem nie, daar is gelukkig ander opsies.  Hier is ‘n paar opsies wat jou kind kan oorweeg: 

Kry ‘n kwalifikasie in ‘n seker ambag of beroep

Daar sal altyd ‘n behoefte wees in mense met ‘n ambag, jou kind kan aansoek doen by ‘n “Technical Vocational Education and Training (TVET, formerly FET) college.”   As daar ‘n duidelike belangstelling in ‘n sekere beroepsveld is, hoef jy nie te wag om eers matriek te voltooi nie.  TVET-kolleges laat studente met graad 9 en 10 aansoek doen.

TVET kolleges bied ‘n wye reeks kursusse aan soos;

  • Juwelier vervaardiging
  • Klere produksie 
  • Skoonheidsterapie 
  • Haarsorg
  • Motor werktuigkunde 
  • Messelwerk
  • Boekhouding
  • Sweiswerk 
  • Educare
  • Meubel vervaardiging
  • Gasvryheid dienste 
  • Seiljag bou 
  • Toerisme

Doen aansoek vir ‘n leerlingskap

Dit is voordelig om ‘n leerlingskap te doen, aangesien jy praktiese ervaring in die werk veld opdoen terwyl jy jou kwalifikasie kry.  Jy kan selfs ‘n salaris verdien, terwyl jou werknemer jou studies betaal. 

Ek moet matriek kry?

Hoe kry ek my matriek sertifikaat in Suid-Afrika?

“Adult matric”, ook bekend as die “Amended National Senior Certificate(ANSC)”, is vir mense met graad 9 en ouer as 21, wat hul matriek sertifikaat wil kry.

Om te kwalifiseer vir “Adult Matric” moet jy aan die volgende vereistes voldoen:

  • Jy moet ouer as 21 wees om die “adult matric” te kan skryf
  • Moet graad 9 geslaag het, of ‘n kwalifikasie gelykstaande aan graad 9 hê
  • Gesertifiseerde afskrif van jou ID (Suid Afrikaanse kandidate)
  • Geldige paspoort, visum of studie permit (Buitelandse kandidate)
  • Bewys van adres 
  • ‘n Afskrif van jou vorige hoogste kwalifikasie se uitslae

Verbeter jou matriek uitslae; op die manier

Jy kan vir ‘n “matric upgrade” aansoek doen om jou punte te verbeter.  ‘n Matriek opgradering laat jou fokus op net die vakke wat jy wil verbeter.  Dit beteken dat jy nie jou hele matriek eksamen hoef oor te skryf nie.

As jy jou matriek resultate verbeter deur “Matric College”, word al jou studie materiaal na jou koerier.  Jy kan van die huis af studeer met die beste ondersteuning van ons tutors.

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel