Advies vir studente wie hul matriek uitslae wil verbeter.

Datum Gepubliseer: 8 Oktober 2020

Is jy ongelukkig met jou matriek uitslae?  Daar is geen rede om jouself ‘n harde tyd daaroor te gee nie.  Hier is vir jou ‘n paar wenke hoe om jou matriek uitslae te verbeter.

Matriek Advies

Verbeter jou matriek uitslae: Doen dit so!

Jy kan aansoek doen vir ‘n matriek opgradering om jou matriek uitslae te verbeter.  ‘n Matriek opgradering gee jou die geleentheid om jou matriek eksamen oor te skryf, met die doel om jou uitslae te verbeter.

Die goeie ding van matriek opgradering is dat jy nie al jou vakke hoef oor te skryf nie, jy kan net fokus op die vakke waar jy die uitslae wil verbeter.  Om te kwalifiseer vir matriek opgradering MOET jy ‘n graad 9 sertifikaat hê en ouer as 21 wees.

Is matriek opgradering ‘n goeie ding?

Ja, opgradering is ‘n baie goeie opsie vir jou.  Jy kry die kans om jou uitslae te verbeter, wat sodoende jou die geleentheid gee om verder te studeer by ‘n universiteit van jou keuse.

Wat doen ek, as ek my matriek wil oorskryf?

Jy kan registreer om jou matriek vakke oor te skryf by die “Second chance Programme”. Die “Second Chance Matric Programme” is ‘n program wat deur die Departement van Onderwys ontwerp is.

Die program verleen ondersteuning aan leerders wat hul vakke wil oorskryf.  Die program is daarop gemik om leerders te help om aan die vereistes van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of Senior Sertifikaat (SS) te voldoen en ‘n graad 12-matrieksertifikaat te verwerf.

Dit is nie die einde van die wêreld nie. Hier is wenke om jou matriek te verbeter

Oorweeg ‘n Oorbruggingskursus

‘n Oorbruggingskursus is ‘n goeie manier om toegang tot ‘n graad te kry.  As jou uitslae nie aan die minimum vereistes voldoen nie, kan jy dit oorweeg om ‘n  oorbruggingskursus te doen.

Versoek ‘n hermerk of a her-nasien

‘n Hermerk of her-nasien mag dalk jou punte verbeter.  ‘n Hermerk, beteken jou vraestel word vir ‘n 2de maal gemerk.  ‘n Her-nasien beteken dat jou vraestel nagegaan word vir enige merk foute.

Registreer vir hereksamens

Indien jy nie gelukkig is met jou matriek uitslae nie, of as jy dalk nie die eksamen kon skryf nie, kan jy aansoek doen om ‘n aanvullende vraestel te skryf.  Die Departement van Onderwys sal jou aansoek vir ‘n aanvullende eksamen aanvaar, indien jy aan die volgende vereistes voldoen:   

  • Jou vakke was al geregistreer vir die vorige November eksamen
  • Jy kon nie eksamen skryf as gevolg van ‘n afsterwe in die familie of enige ander geldige rede
  • Jy wil jou resultate verbeter 

7 strategieë om suksesvolle matriek uitslae te verseker

Fokus op kleiner take op ‘n slag

Jy kan nie verwag om eksamen gereed te wees, as jy eers 2 dae voor die tyd begin studeer nie. Fokus op kleiner take op ‘n slag, beplan jou eksamen voorbereiding vroegtydig, op die manier word jy nie oorweldig met te veel leerwerk op ‘n slag nie.

Kyk mooi na jouself

Oefen, eet gesond en drink baie water.  Wees seker dat jy aan familie en vriende verduidelik dat jy die tyd nou nodig het om hard te werk vir jou eie toekoms.

Kry vir jou ‘n kalender

Stel vir jouself ‘n studie program op.  Gebruik die studie program om jou tyd te bestuur en om jou te help fokus.

Verbind jou tot jou eie doelwitte

Jou opvoeding en toekoms is jou eie verantwoordelikheid.  Jy moet doen wat jy kan om die beste resultate te behaal, wees verantwoordelik vir jou studies.

Maak gebruik van ou vraestelle en memorandums

Werk deur past exam papers and memorandums. Ou vraestelle is baie voordelig, dit kan jou ‘n idee gee of jy goed voorberei is of nie.

Begin altyd eerste met die maklike vrae

Wanneer jy eksamen skryf, is dit altyd beter om met die maklike vrae eerste te begin, en die moeilikste vrae te los, vir laaste.

Weet dat jy dit kan doen

Vertrou jouself, beplan vooruit en moenie toelaat dat enige negatiewe gedagtes jou beïnvloed nie. Jy kan dit doen!

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel