Wat is ‘n Vakleerlingskap?

Datum Gepubliseer: 18 Januarie 2021

‘n Vakleerlingskap is ‘n studie metode wat beide praktiese en teoretiese elemente kombineer om studente ‘n deeglike begrip van ‘n tegniese vak te gee.

Hier is alles wat jy moet weet oor vakleerlingskappe:

  • Vakleerlingskappe in Suid Afrika 
  • Hoekom Vakleerlingskappe belangrik is 
  • Hoe werk ‘n Vakleerlingskap?
  • Vind ‘n Vakleerlingskap 

Vakleerlingskappe in Suid Afrika

In Suid Afrika, word alle vakleerlingskap programme gemonitor deur die QCTO om te verseker dat dit aan die nodige vereistes voldoen. 

The National Artisan Moderation Body (NABM) is in beheer van die toesig en toepassing van die gehalteversekering van vakleerlingskappe namens die QCTO.   

Dit is ook die verantwoordelikheid van die NABM om alle handel toetse te modereer asook om die ontwikkeling en bestuur van die geregistreerde databasisse vir ambagsmanne te verseker. 

Daar word van die NAMB verwag om alle ambags prestasies aan te teken, terwyl hulle die sertifisering van die ambagsmanne aanbeveel by die QCTO – liggaam. 

Hoekom Vakleerlingskappe belangrik is

Alle vakleerling-programme is aangepas om studente spesifieke vaardighede aan te leer.  Hierdie vaardighede is baie gewild in Suid Afrika, aangesien baie besighede spesifieke vaardige individue benodig. 

Die tekort aan die vaardighede kan gevul word deur vakleerling-programme te ontwerp wat leerders die teoretiese en praktiese vaardighede gee wat nodig is om die leemte te vul.

Hoe werk ‘n vakleerlingskap?

‘n Vakleerlingskap gee jou die praktiese- en praktyk ervaring in ‘n spesifieke vak.  Jy sal dan ‘n vak-toets moet aflê en sal sodoende jou vakmanskap sertifikaat ontvang.  

Om ‘n vakleerlingskap te begin, moet jy ten minste 15 jaar oud wees.  Sodra jy ‘n onderneming gevind het wat vakleerlingskappe aanbied, sal ‘n kontrak tussen jou en die onderneming onderteken word.

Aangesien die vakleerling as deel van die onderneming beskou word, word hulle betaal terwyl hulle die nodige vaardighede vir die spesifieke vak leer. 

Al die nodige leer en ervaring word voltooi in samewerking met ‘n onderrig- en opleidings komponent wat gereeld deur ‘n VOO-kollege gemonitor woord.    

Vakleerlingskappe word gewoonlik tussen 3 tot 4 voltooi.  Nie veel vakleerlingskappe lei na ‘n NQF-kwalifikasie nie, maar met jou ervaring sal jy onmiddellik die arbeidsmark kan betree.

Vind ‘n vakleerlingskap

Indien jy opsoek is na ‘n vakleerlingskap, klik hier om al die beskikbare vakleerlingskappe in Suid Afrika te vind.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler: Michelle Faddel