Die verskil tussen ‘n hersien en hermerk

Datum Gepubliseer: 19 Januarie 2021

‘n Hersien beteken dat ‘n eksaminator weer na jou toets papiere sal kyk teenoor ‘n hermerk waar elke vraag weer na gekyk sal word. 

Indien jy dit oorweeg om jou toets papiere te laat hersien of hermerk, hier is alles wat jy moet weet:

  • Wat is ‘n hermerk?
  • Wat is ‘n hersien? 
  • Studeer sonder ‘n Matriek Sertifikaat

Wat is ‘n Hermerk?

‘n Hermerk sal jou help indien jy net ‘n paar punte nodig het om te slaag of vir beter resultate.  In die geval, sal ‘n eksaminator jou papiere merk asof dit nog nooit gemerk was nie om te bepaal of jy die regte punte gekry het. 

Hou in gedagte dat ‘n hermerk dat jy nie jou punte drastiese sal verander nie.  Indien dit die opsie is waarna jy soek, doen eerder aansoek vir ‘m Matriek Opgradering, wat aangebied word deur Matriek Kollege.

Op hierdie manier kry jy die geleentheid om slegs die vakke wat jy nie geslaag het of wat se punte jy wil verbeter oor te skryf.

Wat is ‘n Hersien?

Wanneer jy kies om jou toets papiere te laat hersien, sal ‘n eksaminator deur elke vraag gaan om seker te maak die regte punte was toegeken en bymekaar getel. 

Dieselfde soos met ‘n hermerk, moet jy in gedagte hou dat dit nie jou punte drasties sal verander nie.   

Indien jy nie geslaag het nie of ‘n laer punt gekry het as waarvoor jy gehoop het, sal ‘n Matriek opgradering die beste opsies vir jou wees om jou dalk te laat slaag of jou punte te verbeter. 

Indien die hermerk jou nie die resultate gee waarvoor jy gehoop het nie, klik hier om meer uit te vind oor jou opsies by matriek kollege.  

Jy moet aansoek doen vir ‘n hermerk sodra jy jou finale punte ontvang het, om nie die sperdatum te mis nie.

Studeer sonder ‘n Matriek Sertifikaat

Al gee jou hermerk of hersien jou nie die punte waarvoor jy gehoop het nie, kan jy steeds verder studeer, al het jy nie matriek geslaag nie.

Hier is ‘n lys van kolleges wat kursusse aanbied, waarvoor jy nie matriek nodig het nie:

ICB sonder Matriek

The Institute of Certified Bookkeepers  is ‘n hoogs aanbevole Afstandsonderrig Instelling wat kursusse aanbied in besigheid en Finansiële bestuur. 

Elk van die programme is skaars vaardighede, so nadat jy gekwalifiseer het, sal jou nooit te lank vir ‘n werk met ‘n goeie salaris te soek nie. 

 ICB bied 5 leer programme:

Die enigste ICB program wat wel ‘n matriek sertifikaat vereis om te kan begin is Kantoor Administrasie.  Die ander kursusse versoek ‘n graad 10 of graad 11 sertifikaat. 

Hier is a uiteensetting van wat elke ICB program jou aanbied. 

Besigheid Bestuur

Entrepreneurskap

Finansiële Rekeningkunde

Rekeningkunde in die Publieke Sektor

Kantoor Administrasie

Registreer

Om sonder ‘n matriek sertifikaat te begin, kan beteken dat jy ‘n suksesvolle en winsgewende loopbaan met ICB kan bou.  So waarom wag?

Skakel Matriek Kollege  by 012 762 7100 en gesels met een van ons kursus kenners OF vul  hierdie vorm en ons skakel jou terug.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler: Michelle Faddel