2020 Matriek Uitslae

Datum Gepubliseer: 22 Januarie 2021

2020 Matriek Uitslae

Die 2020 matriek uitslae sal vrygestel word op die 23ste Februarie 2021.  

Die wagtydperk kan baie stresvol wees, dit is belangrik om gedurende hierdie tyd kalm te bly en nie onnodig oor die uitslae te stres nie.

Jan Badenhorst, Hoof van Matriek Kollege, praat oor die matriek resultate van die afgelope dekade.

Voorbereiding vir jou uitslae

Die enigste ding wat jy nou kan doen terwyl jy wag vir die uitslae is om kalm te bly.  

Hier is 3 belangrike wenke om jou te help voorberei vir die uitslae:

  • Haal asem
  • Vind ‘n stokperdjie
  • Kyk na jou geestesgesondheid  

Haal asem

Deur diep asem te haal is ‘n belangrike oefening om jou kalm te hou.

Die is baie ontspannend om diep asem te haal, dit sentreer die brein en help jou liggaam kalm te hou.  Hier is ‘n paar asemhalings oefeninge wat jy kan gebruik

Vind ‘n stokperdjie

Deur ‘n stokperdjie te beoefen kan jy jou aandag aflei van jou uitslae.  Vind prettige dinge om te doen.  

Deur deel te neem aan aktiwiteite kan jou brein en liggaam die kans gee om te ontspan.

Kyk na jou geestesgesondheid

Duisende studente bevind hulself in ‘n angs en depressie toestand oor hul uitslae.   

Maak seker dat jy bewus is hoe jy voel.  Indien jy nie jouself voel nie of as alles dalk net te oorweldigend vir jou raak, praat met iemand wie jy kan vertrou. 

Klik hier vir wenke om te ontspan na eksamen tye.

Vrystellings Datum

Die finale matriek uitslae word gewoonlik vroeg Januarie al bekend gemaak, sodat studente hul uitslae kan ontvang en met universiteit begin. 

Vanweë die gevolgde wat deur COVID-19 veroorsaak is, was die matriek finaal na Desember verskuif.

Daarbenewens was daar ‘n groot groep leerders wat hul matriek finale eksamens geskryf het. 

Meer as 1 miljoen leerders het hul matriek eksamens afgelê en daar sou nie genoeg tyd gewees het om alles vroeg Januarie te merk nie.

Matriek slaag vlakke

Die drie matriek slaag vlakke is:

  • Hoër sertifikaat 
  • Diploma slaag 
  • Baccalaureus Slaag

Hier die slaag vereistes vir elke vlak:

Hoër sertifikaat slaag

Leerders met ‘n Hoër Sertifikaat slaag, kan slegs by instelling studeer wat hoër sertifikaat kursusse aanbied of studeer vir ‘n kursus wat nie matriek vereis nie. 

Om te kwalifiseer vir ‘n Hoër Sertifikaat Slaag, moet jy:

  • Ten minste 40% kry in jou huis taal
  • Ten minste 40% kry in 2 ander vakke
  • Ten minste 30% kry in 3 ander vakke

Diploma slaag

Leerders met ‘n diploma slaag, kan by ‘n kollege studeer vir ‘n Diploma sertifikaat.  Asook by ‘n universiteit wat diploma kursusse aanbied. 

Om te kwalifiseer vir ‘n Diploma Slaag, moet jy:

  • Ten minste 40% kry in jou huis taal 
  • Ten minste 40% in 3 ander vakke
  • Ten minste 30% kry vir 2 ander vakke 

Baccalaureus Slaag

Leerders met ‘n baccalaureus slaag kan aansoek doen by ‘n universiteit of kollege.  Aanvaarding sal afhang van die kursus en universiteits vereistes. 

Om te kwalifiseer vir ‘n Baccalaureus Slaag, moet jy:

  • Ten minste 40% kry in jou huis taal 
  • Ten minste 50% kry in 4 ander vakke 
  • Ten minste 30% kry in 2 ander vakke

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel