Voorbereiding vir die vrystelling van jou matriek uitslae

Datum Gepubliseer: 21 Desember 2020

Die wagtydperk tot jou matriek uitslae vrygestel word, kan senutergend wees. Dit is baie belangrik dat studente gedurende die tyd, hul bes probeer om positief te bly.

Jan Badenhorst, Hoof van Matriek Kollege, praat oor die matriek resultate van die afgelope dekade.

Geestelike Voorbereiding

Die wagtydperk op die vrystellings datum van jou matriek uitslae mag dalk nie maklik wees nie.  Dit is belangrik om jouself gedurende die tyd geestelik voor te berei op die moontlik uitkoms van jou resultate.

Hier is ‘n paar dinge wat jy moet doen terwyl jy wag:

  • Kry genoeg rus:  Nou dat die eksamens verby is, kan jou slaap patrone terug keer na normaal.  Gee jou liggaam en verstand ‘n ruskans.
  • Kry ‘n Stokperdjie:  Sien dat die skole nou gesluit is en jy vir jou uitslae wag, behoort jy nou baie tyd op hande te hê.  ‘n Stokperdjie sal jou help om jou aandag af te lei van jou resultate.  
  • Oefening:  Oefening is ‘n goeie manier om ontslae te raak van enige spanning in die liggaam.
  • Kry advies:  Sodra die eksamens verby is, sal jy tyd hê om te dink aan jou lewe na matriek.  Probeer advies kry by  ‘n familielid, ‘n vriend of studente adviseur.

Waar om jou matriek uitslae te vind

Hier is vier maniere om jou Matriek Uitslae te kry:

  • Aanlyn
  • Jou Selfoon 
  • Die Koerant 
  • Hoërskool

Aanlyn

Studente kan inteken by die Departement van Basiese Onderwys se webtuiste om toegang tot hul uitslae te kry.

Jou Selfoon

Leerders kan hul matriek uitslae kry via SMS deur te registreer by ‘n SMS sisteem.  Jy kan die USSD diens gebruik deur:

  • Skakel *120*35658# op die vrystelling datum
  • Antwoord ‘n paar veel keuse vrae
  • Sleutel jou ID nommer in 
  • Jy sal jou uitslae ontvang per vak
  • USSD tariewe geld

Die Koerant

Jy kan jou uitslae kry in die Nasionale Koerante.  Die uitslae in die koerant sal nie jou finale uitslae publiseer nie, dit sal net wys of jy slaag, asook jou slaag simbool. 

Hoërskool

Jy kan jou resultate by jou skool gaan haal, op die vrystellings dag.  Die vrystelling dag vir finale matriek uitslae is op 23 Februarie 2021

Wat as ek nie matriek geslaag het nie?

Indien jy nie matriek geslaag het nie, kan jy aansoek doen vir ‘n Matriek Opgradering. Matriek Opgradering gee jou die geleentheid om die vakke oor te skryf waar jy die punte wil verbeter. 

Klik hier vir meer inligting oor Matriek Opgradering.

Daar is verskeie kursusse beskikbaar by Matriek Kollege wat jy sonder matriek kan studeer.  Klik hier vir meer inligting.

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel