Datum Gepubliseer: 21 Desember 2020
Daar is geen skaamte om jou matriek as volwassene te verwerf nie. Om jou matriek te kry, sal baie help om sukses vir jou toekoms te bevorder.
Hier is 5 redes waarom jy jou matriek vir volwassenes moet doen:
- Verder jou studies
- Werksgeleenthede
- Beter salaris
- Verkry oordraagbare vaardighede
- Verhoog jou selfvertroue
Verder jou studies
‘n Matriek sertifikaat gee jou die geleentheid om verder te studeer. Indien daar ‘n spesifieke kursus is wat jy wil studeer waar jy ‘n matriek sertifikaat nodig het, is dit ‘n goeie idee om ‘n matriek sertifikaat te kry.
Deur jou matriek te kry, sal jou kanse verhoog om aanvaar te word vir die kursus van jou drome!
Werksgeleenthede
Daar is ontelbare werksgeleenthede in die mark wat vereis dat jy ‘n matriek sertifikaat moet hê. ‘n Matriek sertifikaat sal jou CV verbeter en jou blootstel aan meer werksgeleenthede.
Beter Salaris
Sodra jy jou matriek sertifikaat het, kan jy onderhandel vir meer voordele en meer verantwoordelikhede in die werk plek. Matriek kan die antwoord wees om sukses te behaal.
Verkry oordraagbare vaardighede
Deur jou volwasse matriek te doen, kan jy verskillende vaardighede opdoen. Wanneer jy jou matriek sertifikaat het, word jy blootgestel aan geleenthede om te studeer en wat jou ‘n verskeidenheid oordraagbare vaardighede gee in verskillende rigting.
Verhoog jou selfvertroue
Jy sal jou selfvertroue sal verhoog word met jou matriek sertifikaat. Sodra jy jou volwasse matriek voltooi het sal jy verstaan dat dit nooit te laat is om iets aan te pak wat jy graag wil hê nie.
As jy in dink jy kan dit doen, dan kan jy!
Hoe kry ek my matriek?
Om jou matriek te kry kan jy aansoek doen vir Matriek Opgradering of Volwasse Matriek.
Wat is Volwasse Matriek?
Volwasse Matriek, ook bekend as die Aangepaste Nasionale Senior Sertifikaat (ANSC) is ‘n manier vir mense ouer as 21, wat graad 9 voltooi het, om ‘n matriek sertifikaat te kry.
Aansoek Vereistes
Om te kwalifiseer om jou volwasse matriek eksamen te skry, moet jy aan die volgende vereistes voldoen:
- Jy moet ouer as 21 jaar wees
- Jy moet graad 9 of ‘n graad 9 ekwivalente kwalifikasie hê.
Wil jy aansoek doen vir Volwasse Matriek?
Klik hier vir meer inligting.
Of skakel ons by 012 762 7100
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel