Datum Gepubliseer: 20 Mei 2021
Volgens die Departement van Onderwys sal daar gedurende die komende jaar verskeie veranderinge in Suid-Afrikaanse skole geïmplementeer word. Hierdie veranderinge sal beide nasionale assesserings en eksamens beïnvloed.
Wat Jy Moet Weet
Hier is alles wat jy moet weet oor die veranderinge op pad vir Suid-Afrikaanse skole:
- Taalveranderings: Tweetalige vraestelle is volgens die Departement van Onderwys ‘n opsie wat bekendgemaak sal word vir studente.
- Item-sortering: Hierdie is ‘n nuwe stelsel om vraestelle op te stel, soos uiteengesit deur die Departement van Onderwys. Hierdie nuwe stelsel sal verantwoordelik wees vir die opstel van beide vraestelle en nasienriglyne vir alle openbare eksamens in Suid-Afrika.
- Elektroniese nasienstelsels: Nuwe elektroniese nasienstelsels beteken dat eksamens aanlyn gemerk kan word. Dit verhoog nie net die spoed van die nasien van vraestelle nie, maar dit verbeter ook die kwaliteit van die nasien.
- Aanlynaansoeke: Die Departement van Onderwys sal aansoeke vir NSS aanlyn moontlik maak deur middel van ‘n nuwe elektroniese platform. Dit sal voorkom dat jy moet toustaan by die provinsiale departement van onderwys, wat veral belangrik is tydens die Coronavirus-pandemie.
Besoek ons Matriek Kollege Nuusblad vir die nuutste inligting.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Karla Nortier