Hoe Om Die Regte Kursus Te Kies

Datum Gepubliseer: 20 Mei 2021

  • As jy matriek geslaag het, het jy verskillende opsies afhangend van jou uitslae.
  • Die Instituut vir Gesertifiseerde Boekhouers bied afstandsopleiding en kwalifikasies in velde soos finansiële rekeningkunde. Elke kursus het sy eie vereistes.
  • NATED bied kursusse aan wat studente praktiese en teoretiese vaardighede leer.
  • 5 NATED-kursusse kan met ‘n matriek-gelykstaande sertifikaat voltooi word.
  • Volwasse matriek is ‘n opsie vir diegene wat nie ‘n matrieksertifikaat het nie. Jy het slegs ‘n graad 9-sertifikaat nodig om aansoek te doen en moet ouer as 21 wees om die eksamens af te lê.
  • As jy nie tevrede is met jou matriekuitslae nie, kan jy ‘n matriekopgradering doen en probeer om ‘n hoër punt vir party vakke te behaal.
  • Matriek Kollege en ander instellings bied kursusse aan wat sonder ‘n matrieksertifikaat studeer kan word.
  • Neem ‘n aanlegtoets om te kyk watter rigting jou die beste sal pas.

Of jy nou jou matriekjaar voltooi en slaag of skool verlaat op ‘n vroeër stadium, het jy steeds baie opsies om te studeer.

Daar is ontelbare kursusse om van te kies en dit is belangrik om hierdie opsies te ondersoek om uit te vind wat die beste by jou pas.

Hier is ‘n paar riglyne vir hoe om die regte kursus te kies:

  • Studiebevordering met jou matriekuitslae
  • ICB-kursusse
  • NATED-kursusse
  • Volwasse Matriek
  • Matriekopgradering
  • Studeer sonder matriek
  • Kies uit al die opsies

Studiebevordering Met Jou Matriekuitslae

Met ‘n matrieksertifikaat het jy die opsie om jou studies te bevorder afhangend van die graad van jou uitslae.

  • Bachelor’s Sertifikaatpas: Met ‘n Baccalaureus-sertifikaatpas kan jy aansoek doen by ‘n Universiteit. Die kursus waarvoor jy kan kwalifiseer word bepaal deur elkeen se spesifieke vereistes en of jy daaraan voldoen.
  • Diploma-pas: Met hierdie pas, kan jy aansoek doen vir ‘n diplomakursus.
  • Hoër-sertifikaatpas: Jy kan vir ‘n hoërsertifikaatkursus aansoek doen met hierdie pas.
  • Nasionale Seniorsertifikaatpas: Met hierdie pas het jy aan die minimum-vereistes om matriek te slaag, voldoen. Met hierdie slaagvlak kan jy kursusse studeer wat slegs ‘n matrieksertifikaat (of dan nie) vereis.

Klik hier om jou APS uit te werk om te sien vir watter kursusse jy kwalifiseer.

ICB-Kursusse

Die Instituut vir Gesertifiseerde Boekhouers bied afstandsopleiding en kwalifikasies in velde soos finansiële rekeningkunde.

Watter ICB-Kursus Kan Ek Studeer?

Daar is 3 hoofkursusse wat aangebied word deur ICB:

Vereistes Vir ICB-Kursusse

Elke ICB-Kursus het verskillende vereistes. Jy het die volgende nodig om die kursus wat jy kies te voltooi:

  • Finansiële Rekeningkunde: Graad 10 sertifikaat
  • Besigheidsbestuur: Graad 11 sertifikaat
  • Kantooradministrasie:  Matrieksertifikaat

Hoekom Moet Ek ‘n ICB-Kursus Studeer?

ICB-Kursusse het baie voordele. Van hierdie sluit die volgende in:

  • Afstandsonderrig: Jy kan op jou eie tyd studeer met ICB se aanlynkursusse.
  • Spaar geld: Jy hoef nie vervoerkostes te betaal nie terwyl jy steeds kwaliteit opvoeding ontvang.
  • Maak jou eie skedule: Jy kan studeer wanneer jy tyd het. Dit is nie nodig om jou skedule drasties te verander nie.
  • Leer kritiese vaardighede: Werk aan jou kritiese vaardighede met ICB se leerprogramme.
  • Hoër indiensnemingskursusse: Met kritiese vaardighede, sal daar baie meer werksgeleenthede wees waarvoor jy kan kwalifiseer.
  • Internasionaal geakkrediteer: ICB se kwalifikasies word internasionaal geakkrediteer. Dit beteken dat dit makliker sal wees om potensiële werksgeleenthede te kry waarookal jy is.

Waar Kan Ek ICB-Kursusse Studeer?

Kolleges soos Matriek Kollege en Skills Academy werk as tussengangers sodat jy jou ICB-kursus kan voltooi.

NATED (Nasionale Geakkrediteerde Diploma)-Kursusse

Nasionale geakkrediteerde diplomakursusse leer studente praktiese en teoretiese kennis wat hulle in staat stel om dadelik die arbeidsmag te betree.

Vereistes Vir NATED-Kursusse

NATED-kursusse kan voltooi word met ‘n matriek- of matriekgelykstaande sertifikaat. As jy nie een van hierdie kwalifikasies het nie, kan jy altyd aansoek doen vir Volwasse Matriek of Matriek Opgradering.

Die kursusmateriaal word in Engels aangebied, so ‘n goeie begrip van die taal word benodig.

Watter Kursusse Word Deur NATED Aangebied?

Daar is verskeie NATED-kursusse wat jy kan voltooi met ‘n matriek-gelykstaande sertifikaat:

Die volgende NATED-kursusse kan slegs voltooi word met ‘n matrieksertifikaat:

Hoekom Moet Ek ‘n NATED-kursus Voltooi?

NATED-kursusse het baie voordele, veral in die manier waarop studente geleer word en hoe dit hulle sal help rakende werksgeleenthede.

Hier is ‘n paar voordele:

  • NATED-kursusse gee jou meer geloofwaardigheid.
  • NATED bied opleiding van hoë gehalte.
  • Jou loopbaanopsies sal uitbrei.
  • Jy sal meer voorbereid wees om die arbeidsmag te betree omdat jy teoretiese en praktiese opleiding ontvang het.
  • NATED-kursusse word nasionaal erken.

Volwasse Matriek

Volwasse Matriek is ‘n goeie opsie vir diegene wat nie hul matriekjaar kon voltooi nie.

Aansoekvereistes Vir Volwasse Matriek

Daar is slegs twee hoofvereistes om aansoek te doen vir Volwasse Matriek.

  • Graad 9 sertifikaat:Jy het ‘n graad 9 sertifikaat nodig om aansoek te doen. Jy kan nie met ‘n affidavit aansoek doen nie.
  • Jy moet ouer as 21 wees: Jy kan jou kursus begin op die ouderdom van 19, maar jy moet ouer as 21 wees om jou eindeksamen te kan skryf.

Hoekom Moet Ek Volwasse Matriek Kies?

Hier is ‘n paar redes waarom jy Volwasse Matriek as ‘n opsie moet oorweeg:

  • Meer loopbaanopsies: Jy sal meer loopbaanopsies hê as jy Volwasse Matriek het.
  • Jy kan Universiteit toe gaan: Jy kan nie op ‘n universiteitsvlak studeer sonder ‘n matriek sertifikaat nie. Met een kan jy begin werk aan ‘n graad.
  • Verdien meer geld: Jy het die kans om baie meer geld te verdien as jy ‘n matriek sertifikaat het.
  • Aanstelling: Maatskappye is meer geneig om mense aan te stel wat matriek sertifikate het teenoor mense wat nie het nie.
  • Afstandsonderrig: Volwasse Matriek word voltooi deur afstandsonderrig. Jy kan dus werk terwyl jy studeer en jou tyd opdeel om volgens jou skedule te werk.
  • Geen verskil tussen Matriek en Volwasse Matriek sertifikate nie: Beide sertifikate word deur Umalusi geakkrediteer. Dit maak die kwalifikasies identies. Al verskil is wanneer jy jou sertifikaat verkry.

Matriek Opgradering

Jy het die kans om jou matriekpunte te verbeter as jy nie daarmee tevrede is nie.

Jy hoef ook nie al jou vakke oor te skryf nie. Met ‘n Matriek Opgradering, kan jy ander vakke kies om die regte punte te behaal wat jy benodig om aansoek te doen vir verdere onderrig.

Jy kan ook kies om dieselfde vakke oor te skryf sodat jy jou punte kan verbeter.

Jou punte sal saamkom in ‘n enkele sertifikaat saam met die onveranderde punte van die vakke wat nie herskryf is nie.

Studeer Sonder Matriek

Matriek Kollege bied die volgende kursusse aan wat jy kan studeer sonder matriek:

Die volgende ander kolleges bied ook kursusse aan wat jy kan voltooi sonder matriek, ICB-kursusse en NATED-kursusse:

Kies Uit Al Die Opsies

Talle opsies kan soms oorweldigend lyk. Dit is belangrik om ‘n kursus te kies wat:

  • Jou interesseer
  • Werksgeleenthede sal bied
  • Pas by jou natuurlike talente en vaardighede

As jy steeds onseker is oor watter opsie vir jou die beste sal pas, kan jy ‘n aanlegtoets voltooi. Dit sal jou help om te sien watter vaardighede jy natuurlik het en wat jou interesseer. Jy kan een hier kry.

Outeur: Karla Nortier