Datum Gepubliseer: 11 Mei 2021
Angie Motshekga, die Minister van Onderwys, het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum.
Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Groothandel en Kleinhandel
- Die voordele
- Waaroor gaan Groothandel en Kleinhandel?
- Onderwerpe wat behandel sal word
- Doelwitte
- Tyd Toekenning
- Inhoud Oorsig
Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke
Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek. Met Groothandel en Kleinhandel, sal leerders vaardig genoeg wees om in hierdie industrie te begin werk.
Wat is Groothandel en Kleinhandel?
Met die nuwe CAPS vak, Groothandel en Kleinhandel, sal studente die volgende verken:
- Begrip van die bedryf
- Die behoefte van wins en die voorkoming van verlies vir die onderneming
- Die behoefte en belangrikheid van voorraad- en verkoopopname
Die vak leer studente ook hoe om finansies te hanteer op ‘n manier wat kliëntediens sal bevorder en ook verlies van inkomste sal verhoed.
Onderwerpe wat behandel sal word
Die volgende onderwerpe sal behandel word in Groothandel en Kleinhandel:
- Die bedryf
- Wins
- Teikenmarkte
- Kliëntediens
- Voorraad
- Handelsware
- Bemarking
- Opname van verkope
Doelwitte
Die doel van die nuwe CAPS vak, Groothandel en Kleinhandel, is:
- Verduidelik die rol van alle belanghebbendes in die bedryf.
- Analiseer ‘n inkomstestaat.
- Identifiseer die vereistes van afsetpunte in terme van hul diensvlakke en produkaanbod volgens hul teikenmark.
- Ontvang voorraad en verduidelik die vereistes vir die verspreiding van voorraad.
- Verduidelik die konsep en metodes vir die verkoop van produkte op die rak, tesame met die belangrikheid daarvan om pryse en metodes van uitstallings te vertoon.
- Verduidelik waarom ondernemings bevorder, hoe om teikenmarkte te bereik en hoe om promosie-artikels te vertoon.
- Verduidelik hoe om verkope aan te teken, betaling te aanvaar en op te neem, en om kontant en deposito’s op te neem.
Tyd Toekenning
Die tyd toekenning vir Groothandel en Kleinhandel, is 2 uur per akademiese siklus van 5 dae.
Inhoud Oorsig
Lees hier vir meer inligting oor die inhoud van Groothandel en Kleinhandel.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Karla Nortier