Datum Gepubliseer: 23 April 2021
Die minister van onderwys, Angie Motshekga, het bekend gemaak dat 13 nuwe vakke by die CAPS kurrikulum gevoeg gaan word.
Hierdie vakke sal beskikbaar wees vir graad 8 en 9 en sodoende graad 9 as ‘n jaar van potensiale loopbaan voorbereiding.
Hier is die vakke:
- Landbouwetenskappe
- Aanvullende Gesondheidsorg
- Kuns en Ontwerp
- Siviele Tegnologie
- Verbruiker studies
- Digitale Tegnologie
- Vroeë Kinderontwikkeling
- Elektriese Tegnologie
- Persoonlike Sorg
- Gasvryheid Studies
- Onderhoud en Stoffering
- Meganiese Tegnologie
- Groothandel en Kleinhandel
Berei Graad 9 Leerders voor vir Loopbane
Die 13 nuwe vakke wat by die skool kurrikulum gevoeg is, sal die graad 9 leerder help om voor te berei vir moontlike loopbane.
Die nuwe inisiatief sal die graad 9 sertifikate ‘n nuwe betekenis gee, aangesien studente nou hul vaardighede in nuwe vakke kan verbeter. Dit beteken dat as studente in graad 9 die skool wil verlaat, hulle steeds ‘n suksesvolle loopbaan kan bou.
Suid Afrika se uitval Syfer
Met alle leerders wat skool in Suid Afrika begin het, sal net 50% dit maak tot hul matriek jaar.
Die toevoeging van die nuwe 13 vakke sal die skoolverlater nou ‘n geleentheid gee om beroep gewys suksesvol te wees, sonder om hul skoolopleiding te voltooi.
Hierdie praktiese vakke sal leerders voorberei vir die handelsbedryf, hulle sal hul eie geld kan begin verdien sou hul skool verlaat na graad 9.
Die nuwe 13 Vakke
- Landbou Wetenskappe: Sal leerders voorberei vir die Landbou Wetenskap industrie.
- Aanvullende Gesondheidsorg: Dit sal leerders help om die betekenis van gesondheid en welstand te verstaan.
- Kuns en Ontwerp: Om leerders ‘n duideliker begrip van kuns en ontwerp te gee sou hul dalk ‘n loopbaan daarin wil bou.
- Siviele Tegnologie: Om leerders te help toegang kry tot ‘n vakleerlingskap, nadat hulle hul matriek voltooi het.
- Verbruiker Studies: Gee leerders ‘n duideliker begrip van verbruikersgedrag, aard verwarming en ontwerpkenmerke.
- Digitale Tegnologie: Om leerders te leer hoe om inligting te skep, stoor en versprei op ‘n rekenaar, terwyl hulle ook leer om werklike probleme op te los.
- Vroeë Kinderontwikkeling: Om leerders voor te brei vir Vroeë Kinderontwikkeling as ‘n beroep.
- Elektroniese Tegnologie: Om leerders duideliker betekenis te gee van elektronika en ander elektriese tegnologie.
- Haarkappery, Skoonheid en Nael Tegnologie: Hierdie onderwerp sal leerders die vaardigheid gee vir die Persoonlike Sorg industrie.
- Gasvryheid Studies: Om leerders ‘n duideliker begrip te gee oor die gasvryheid Industrie.
- Onderhoud en Stoffering: Om die fundamentele vaardigheid aan te leer wat nodig is in die veld.
- Meganiese Tegnologie: Om al die nodige vaardighede in Meganiese Tegnologie aan te leer om leerders voor te berei vir ‘n beroep in die veld.
- Groot Handel en Klein Handel: Hierdie vak sal leerders help in die Klein Handel veld asook bevorder in die Groot Handel en Klein Handel veld.
Leer meer hier oor hoe die regering leerder wil voorberei vir werk.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel