Datum Gepubliseer: 23 April 2021
Angie Motshekga, die Minister van Onderwys het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum.
Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Kuns en Ontwerp:
- Die voordele
- Waaroor gaan Kuns en Ontwerp?
- Onderwerpe wat behandel sal word
- Doelwitte
- Tyd Toekenning
- Inhoud Oorsig
Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke
Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek.
Met die Kuns en Ontwerp vakkeuse, sal leerders vaardig genoeg wees om in die industrie te begin werk.
Wat is Kuns en Ontwerp
Kuns en Ontwerp is daarop gefokus om leerders die nodige kennis te gee in ontwerp praktyk en ontwerp teorie.
Dit behels werk soos:
- Probleem Identifisering
- Beplanning en navorsing
- Konseptualisering
- Eksperimentering en refleksie
Die module bied aan leerders die belangrike lewensvaardighede soos visuele geletterdheid, kritiese en kreatiewe denke, selfdissipline en ondernemings vaardighede.
Kuns en Ontwerp gee die leerder ‘n duideliker begrip van die skep van produkte met die doel en funksie, terwyl hulle steeds visuele waarde handhaaf.
Onderwerpe wat behandel sal word
Die volgende onderwerpe sal behandel word in Kuns en Ontwerp:
- Kuns en Ontwerp geskiedenis in Suid Afrika: Die fokus word geplaas op die geskiedenis van ontwerp, ekonomiese groei van ontwerp en stabiliteit. Dit sluit ook die invloed van vorige en huidige kulture in.
- Basiese Kuns Elemente en Beginsels: Produk verskeidenheid, verwerking en manipulering van materiale ekonomiese en veilig, produkontwikkeling en die konstruksie van visuele taal.
- Entrepreneurskap Vaardighede binne die Ambagsman onderneming: Dit hou verband met die verkoop-, koste-, prys-, bemarking kant van ‘n suksesvolle onderneming. Dit sluit ook loopbaan besluit, kennisontwikkeling, vaardighede in die konseptualisering en konteks van ontwerp in.
- Refleksie: Om hulle/ander se werk krities te sien en die krag van ontwerp as ‘n instrument vir sosiale verandering te verstaan.
Tyd Toekenning
Die vak vereis ‘n 2 uur kontak sessie in ‘n 5 dag klas siklus.
Inhoud Oorsig
Hier is die Inhoud oorsig vir Kuns en Ontwerp vir graad 8’s en 9’s.
Outeur: Andre Frisby
Vertaler: Michelle Faddel