Nuwe CAPS Vakke: Siviele Tegnologie

Datum Gepubliseer: 3 Mei 2021

Angie Motshekga, die Minister van Onderwys het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum. 

Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Siviele Tegnologie:

  • Die voordele 
  • Waaroor gaan Siviele Tegnologie? 
  • Onderwerpe wat behandel sal word
  • Doelwitte
  • Tyd Toekenning 
  • Inhoud Oorsig

Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke

Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek.  Met Siviele Tegnologie, sal leerders  vaardig genoeg wees om in die siviele industrie te begin werk.

Wat is Siviele Tegnologie?

Die nuwe CAPS vak Siviele Tegnologie, sal leerders die belangrikheid leer van die beboude omgewing en tegniese prosesse.  Die sluit die praktiese vaardighede in siviele tegnologie in, asook alle nodige wetenskaplike beginsels.  

Studente sal leer hoe siviele tegnologie maniere en lewenskwaliteit verbeter, terwyl hulle ook volhoubaarheid ondersoek.

Onderwerpe wat behandel sal word

Hier is die hoof onderwerpe wat behandel sal word in Siviele Tegnologie:

  • Siviele Dienste:  Dit sluit aspekte in van loodgieterswerk, installasies vir koue en warm water en rioolstelsels.  Dit fokus ook op die regte materiaal om water, omgewingsvriendelike tegnologie en metodes te gebruik.   
  • Konstruksie: Hierdie onderwerp fokus op beton, bakstene en beboude omgewing.  Dit ondersoek ook die gebruik van omgewings vriendelike tegnologie en materiale. 
  • Houtwerk: Hierdie onderwerp fokus op strukture soos dakke, vloere, trappe ens.

Doelwitte

Siviele tegnologie beoog die volgende:  

  • Leerders te leer oor veilige werkspraktyk
  • Ontdek goeie huishoudelike vaardighede
  • Beoefen noodhulp praktyke
  • Ontwikkel ‘n interpretasie van werkstekeninge
  • Ondersoek die reaksie van strukture
  • Werk met akkurate metings
  • Help leerders deur praktiese werksessies

Tyd Toekenning

Die tyd toekenning vir Siviele Tegnologie is 2 uur per akademiese siklus van 5 dae.  1.5 uur van hierdie toekenning moet aan die praktiese aspekte van die onderwerp gewy word.

Inhoud Oorsig

Hier is ‘n oorsig oor die Siviele Tegnologie vak.  

Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel