Datum Gepubliseer: 3 Mei 2021
Angie Motshekga, die Minister van Onderwys het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum.
Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Verbruikers Studies
- Die voordele
- Waaroor gaan Verbruikers Studies?
- Onderwerpe wat behandel sal word
- Doelwitte
- Tyd Toekenning
- Inhoud Oorsig
Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke
Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek. Met Verbruikers Studies, sal leerders vaardig genoeg wees om in die verbruikers industrie te begin werk.
Wat is Verbruiker Studies?
Met die nuwe CAPS vak Verbruikers Studies, sal studente die ingeligte verbruikerswese verken in :
- Kos
- Kleredrag
- Behuising
- Meubels
- Huishoudelike Toerusting
Die vak sal leerders ook help om die beste te maak van die hulpbronne waaroor hulle beskik. Die sluit elemente in van entrepreneurskap, bemarking, produksie en self onderneming.
Onderwerpe wat behandel sal word
Die volgende onderwerpe sal behandel word in Verbruikers Studies:
- Die Verbruiker
- Voedsel en Voeding
- Kleredrag
- Entrepreneurskap
Doelwitte
Die doel van die nuwe CAPS vak, Verbruikers Studies is:
- Verstaan verbruikers regte en verantwoordelikhede
- Definieer beleid vir verbruikersbeskerming
- Verken alle kanale van klagtes
- Leer leerders hoe hulle voedsel winkels, kledingstukke, meubels en toestelle van evalueer.
- Verstaan hoe om ontwerpkenmerke van interieurs, meubels en toestelle te evalueer
- Verken verantwoordelike koop gedrag
- Definieer en ondersoek verantwoordelike gebruik van hulpbronne soos water ek elektrisiteit
- Ondersoek maniere om aard verwarming te beperk
- Beplanning en bestuur van persoonlike finansies en betaal metodes.
- Die begrip van voeding en die impak van voedsel keuses oop die gesondheid.
- Leer hoe om produk inligting te gebruik om ingeligte verbruikers besluite te neem.
- Leer die toepassing van die ontwerp elemente en beginsels in die keuse van kleding en meubels.
- Begrip van die eienskappe en gebruik van tekstiel vesels en weefsels.
- Ondersoek die behoeftes van gestremdes vir klere en behuising.
- Leer oor entrepreneurskap beplanning vir produksie en bemarking.
- Definisie van kleinskaalse produksie en bemarking van gehalte en bemarkbare produkte.
Tyd Toekenning
Die tyd toekenning vir Verbruikers Studie is 2 uur per akademiese siklus van 5 dae.
Inhoud Oorsig
Lees hier vir meer inligting oor die inhoud van Verbruikers Studies.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel