Nuwe CAPS Vakke: Digitale Tegnologie

Datum Gepubliseer: 3 Mei 2021

Nuwe CAPS Vakke: Digitale Tegnologie

Angie Motshekga, die Minister van Onderwys, het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum. 

Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Digitale Tegnologie:

  • Die voordele 
  • Waaroor gaan Digitale Tegnologie? 
  • Onderwerpe wat behandel sal word
  • Doelwitte
  • Tyd Toekenning 
  • Inhoud Oorsig

Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke

Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek. 

Met Digitale Tegnologie, sal leerders  vaardig genoeg wees om tersiêre onderrig in hierdie veld te kry en ‘n potensiële loopbaan in Digitale Tegnologie te begin.

Wat is Digitale Tegnologie?

Die nuwe CAPS vak, Digitale Tegnologie, fokus op die gebruik van rekenaars en verskillende internettegnologieë om vir studente die vermoë om inligting te kommunikeer, stoor, bestuur en uit te saai.

Die vak sal ook vir studente aanleer hoe om probleemoplossing te doen met tegnologie terwyl hulle ook digitaal geletterd word. Die beantwoording van e-posse, kodering, webontwerp en ander digitale vaardighede word hierby ingesluit.

Onderwerpe wat behandel sal word

Die volgende onderwerpe sal in Digitale Tegnologie beantwoord word: 

  • Verskeie Sisteemtegnologieë
  • Die gebruik van sleutelborde en tikvaardighede
  • Leer oor Woordverwerking
  • Die skep van sigblaaie
  • Digitale burgerskap
  • Berekenings-georiënteerde denke
  • Kodering

Doelwitte

Die doel van die nuwe CAPS vak, Digitale Tegnologie, sluit die volgende in: 

  • Kennis rakende die gebruik van sagteware-toepassings vir eindgebruikers en die ontwikkelingsinstrumente wat gebruik word om oplossings vir werklike probleme te skep.
  • Gebruik van die konsepte van IKT rakende tegnologieë waaruit rekenaarstelsels bestaan.
  • Begrip van die gebruik van die internet, WWW en die rol daarvan in die wêreldwye inligtingsnelweg.
  • Leer om kritiese denke te ontwikkel deur middel van algoritmiese probleemoplossing deur konseptuele denkprosesse.
  • Ondersoek die gebruik van die toepaslike tegnieke om relevante oplossings te skep en te beplan.
  • Leer hoe data en inligting verwerk om tot gevolgtrekkings te kom en hoe om besluite te neem terwyl jy ‘n verantwoordelike digitale burger word.

Tyd Toekenning

Die tyd toekenning vir Digitale Tegnologie  is 2 uur per akademiese siklus van 5 dae.

Inhoud Oorsig

Lees hier vir meer inligting oor die inhoud van Digitale Tegnologie.

Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Karla Nortier