Nuwe CAPS Vakke: Vroeë Kinderontwikkeling

Datum Gepubliseer: 3 Mei 2021

Angie Motshekga, die Minister van Onderwys het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum. 

Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Vroeë Kinderontwikkeling:

  • Die voordele 
  • Waaroor gaan Vroeë Kinderontwikkeling? 
  • Onderwerpe wat behandel sal word
  • Doelwitte
  • Tyd Toekenning 
  • Inhoud Oorsig

Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke

Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek. 

Met Vroeë Kinderontwikkeling, sal leerders vaardig genoeg wees om in die veld van vroeë kinderontwikkeling te begin werk.

Wat is Vroeë Kinderontwikkeling?

Met die nuwe CAPS vak, Vroeë Kinderontwikkeling, sal studente die kognitiewe, emosionele, sensoriese, spirituele, sosiale, fisiese en ander belangrike aspekte van vroeë kinderontwikkeling verstaan en ondersoek.

Hierdie is spesifiek rakende kinderontwikkeling vanaf geboorte tot en met kinders gereed is vir skool.  Dit lê klem op die belangrikheid van hierdie tydperk vir ontwikkeling.

Onderwerpe wat behandel sal word

Die volgende onderwerpe sal behandel word in Vroeë Kinderontwikkeling: 

  • Die VKO-leerprogramme in Suid-Afrika
  • Gesonde en veilige omgewingspraktyke
  • Skeppende kuns vir VKO
  • Hulpbronne wat in VKO gebruik word
  • Ontwikkeling van jong kinders
  • Versorging van jong kinders
  • Die rol van speel in VKO
  • Taal- en kommunikasievaardighede
  • Siektes in jong kinders
  • Basiese noodhulpbeginsels
  • Gedragsbestuur vir VKO
  • Diversiteit in die leerprogram
  • Wiskundige konsepte in VKO

Doelwitte

Die doel van die nuwe CAPS vak, Vroeë Kinderontwikkeling, is: 

  • Verken die begrip van hoe VKO-sentrums bestuur word.
  • Leer hoe om gesonde en veilige omgewings te handhaaf.
  • Help studente om relevante onderrig- ​​en leerbronne te ontwikkel.
  • Ontdek hoe babas, kleuters en jong kinders ontwikkel.
  • Demonstreer aan studente hoe om na jong kinders om te sien.
  • Verken spelery as ‘n leerwyse.
  • Begrip vir die ondersteuning van kommunikasie en taalontwikkeling.
  • Leer oor algemene kindersiektes.
  • Leer noodhulpbeginsels.
  • Verkenning van speelkamerbestuur.
  • Pak diversiteit in VKO-omgewings aan.
  • Verstaan hoe om te help met die ontwikkeling van Wiskundige konsepte.

Tyd Toekenning

Die tyd toekenning vir Vroeë Kinderontwikkeling is 13.5 uur per akademiese siklus van 5 dae.  Die vak het ook praktiese elemente wat in hierdie tyd gereken word.

Inhoud Oorsig

Lees hier vir meer inligting oor die inhoud van Vroeë Kinderontwikkeling.

Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Karla Nortier