Datum Gepubliseer: 5 Mei 2021
Dit is belangrik om die regte dokumente te hê indien jy veranderinge wil aanbring op jou Nasionale Senior Sertifikaat of Senior Srtifikaat.
Aansoekvorms of bevestigings dokumente moet met die korrekte inligting ingevul word met die regte besonderhede om jou sertifikaat reg te stel.
Wat Jy Moet Weet
Hier is wat jy moet weet rakende verskillende NSS/SS aansoeke en vorms:
- Aansoek vir verlore sertifikaat: As jy jou matrieksertifikaat beskadig het of verloor het, moet jy aansoek doen vir ‘n nuwe een. Jy kan hierdie slegs deur die Departement van Basiese Onderwys doen.
- Aansoek vir kombinasie NSS en SS vakke: Jy kan jou Nasionale Senior Sertifikaat kry as jy jou matriekjaar voltooi het. ‘n Senior Sertifikaat is vir diegene wat hulle matriek voltooi wanneer hulle ouer as 21 is. Hierdie is ook bekend as Volwasse Matriek. Klik hier vir die aansoekvorm.
- Aansoek vir verandering op die sertifikaat (heruitreik): Indien daar administratiewe probleme was rakende jou matrieksertifikaat, het jy ‘n tydperk van 6 maande om dit reg te stel. Hierdie sluit die verkeerde spelling van name, verkeerde vakke en ‘n verandering in punte, in. Klik hier vir die aansoekvorm.
- Bevestigingsdokumente uitgereik voor die sertifikaat: Umalusi kan verskeie dokumente wat vooraf uitgereik is, bevestig. Klik hier vir die bevestigingsdokument.
Outeur: Karla Nortier