Nuwe CAPS Vakke: Elektriese Tegnologie

Datum Gepubliseer: 11 Mei 2021

Angie Motshekga, die Minister van Onderwys het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum. 

Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Elektriese Tegnologie:

  • Die voordele 
  • Waaroor gaan Elektriese Tegnologie? 
  • Onderwerpe wat behandel sal word
  • Doelwitte
  • Tyd Toekenning 
  • Inhoud Oorsig

Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke

Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek.  Met Elektriese Tegnologie sal studente genoeg vaardighede aanleer om ‘n loopbaan in die veld te kan volg.

Wat is Elektriese Tegnologie?

Die nuwe CAPS vak, Elektriese Tegnologie, sal studente help om die veld te verstaan en hoe om die kennis daarvan toe te pas.  Hierdie geld vir elektroniese en elektriese beginsels.

Hierdie sal studente wat in die studiestroom belangstel, bevoordeel. Dit is ook baie belangrik in die werksplek met die groei van elektriese tegnologie in alledaagse lewe.

Onderwerpe wat behandel sal word

Die volgende onderwerpe sal behandel word in Elektriese Tegnologie: 

  • Elektries
  • Elektroniese werke en syfers
  • Grafiese kommunikasie
  • Entrepreneurskap

Doelwitte

Die doel van die nuwe CAPS vak, Elektroniese Tegnologie is: 

  • Gee leerders ‘n goeie grondslag van vaardighede in Elektronika.
  • Rus leerders toe met die regte digitale beginsels.
  • Voorsien leerareas in kwalitatiewe, gestandaardiseerde en algemene opleiding om te help met sukses in die arbeidsmark.
  • Stel studente in staat om by Tegniese beroepsonderwys en -opleiding Kolleges te studeer.

Tyd Toekenning

Die tyd toekenning vir Elektriese Tegnologie is 2 uur per akademiese siklus van 5 dae. 

Aangesien meerderheid van die vak prakties is, moet 1 uur en 30 minute toegeken word aan praktiese elemente en die ander 30 minute moet bestee word aan teorie.

Inhoud Oorsig

Lees hier vir meer inligting oor die inhoud van Elektriese Tegnologie.

Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Karla Nortier