Datum Gepubliseer: 11 Mei 2021
Angie Motshekga, die Minister van Onderwys, het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum.
Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Persoonlike Sorg
- Die voordele
- Waaroor gaan Persoonlike Sorg?
- Onderwerpe wat behandel sal word
- Doelwitte
- Tyd Toekenning
- Inhoud Oorsig
Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke
Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek. Met Persoonlike Sorg, sal leerders vaardig genoeg wees om in hierdie industrie te begin werk.
Waaroor gaan Persoonlike Sorg?
Die nuwe CAPS vak, Persoonlike Sorg, fokus op al die relevante aspekte van haarsorg, skoonheid en naeltegniek. Studente sal leer hoe om te beplan, bemark en hoe om betaling te implementeer in alle aspekte van Persoonlike Sorg.
Studente sal ook leer hoe om veiligheid toe te pas rakende alle aspekte van Persoonlike Sorg. Entrepreneurskap en ontvangswerk wat belangrik is wanneer jy jou eie besigheid oopmaak, sal ook deel van die kurrikulum vorm.
Volgens die Onderwysdepartement sal studente die volgende ondersoek:
- Die oprigting van salonne
- Koördineer en voer spesifieke dienste uit
Die vak sal leerders ook op datum hou met die groeiende industrie van Persoonlike Sorg.
Onderwerpe wat behandel sal word
Die volgende onderwerpe sal behandel word in Persoonlike Sorg:
- Die haarsorg-industrie
- Sanitasie en higiëne
- Besigheid
- Persoonlike optrede in die salon
- Naeltegnieke, Skoonheidstegnieke of Haartegnieke
Doelwitte
Die doel van die nuwe CAPS vak, Persoonlike Sorg, is:
- Verken al die aspekte van die Persoonlike Sorg-industrie.
- Verstaan veilige en skoon werkspraktyke en -omgewings.
- Begrip van professionele gedrag.
- Toepaslike kliëntkommunikasie.
- Ontvangs en hantering van klagtes.
- Tydbestuur.
- Om dienste te kan bied aan alle betalende kliënte.
Tyd Toekenning
Die tyd toekenning vir Persoonlike Sorg is 2 uur per akademiese siklus van 5 dae. 90 minute hiervan sal aan die praktiese deel van die vak toegeken word. Die praktiese komponent sal ook 50% van die eindeksamen beslaan.
Inhoud Oorsig
Lees hier vir meer inligting oor die inhoud van Persoonlike Sorg.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Karla Nortier