Nuwe CAPS Vakke: Gasvryheidstudies

Datum Gepubliseer: 11 Mei 2021

Angie Motshekga, die Minister van Onderwys het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum. 

Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Gasvryheidstudies

  • Die voordele 
  • Waaroor gaan Gasvryheidstudies? 
  • Onderwerpe wat behandel sal word
  • Doelwitte
  • Tyd Toekenning 
  • Inhoud Oorsig

Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke

Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek.  Met Gasvryheidstudies, sal leerders met slegs ‘n graad 9 sertifikaat ‘n loopbaan in hierdie rigting kan volg.

Wat is Gasvryheidstudies?

Met die nuwe CAPS vak, Gasvryheidstudies, sal studente die ingeligte verbruikerswese verken in:

  • Higiëne
  • Voeding
  • Maaltyd- / spyskaartbeplanning
  • Die produksie van voedsel
  • Huishouding en kamerdiens
  • Kliëntedienste

Studente wat Gasvryheid studeer, sal ingelig word oor die beste maniere om maaltye voor te berei en bedien, hoe om onthale in te rig en hoe om hierdie korrek en higiënies te doen.

Onderwerpe wat behandel sal word

Die volgende onderwerpe sal behandel word in Gasvryheidsdtudies: 

  • Gasvryheidsektor
  • Loopbane in gasvryheid
  • Ondernemingsgeleenthede in Gasvryheidstudies
  • Higiëne, veiligheid en sekuriteit in Gasvryheidstudies
  • Voeding, spyskaartbeplanning en -koste
  • Kombuis- en restaurantbedrywighede
  • Voedsel kommoditeite
  • Voedsel- en drankdiens
  • Kliëntediens
  • Huishouding
  • Finansies
  • Instandhouding

Doelwitte

Die doel van die nuwe CAPS vak, Gasvryheidstudies, is: 

  • Leer studente oor die sektore van die gasvryheidsbedryf.
  • Verken die moontlike loopbaanopsies binne die gasvryheidsbedryf.
  • Leer meer oor entrepreneurskap binne die gasvryheidsbedryf.
  • Verken verantwoordelike omgewingsbedrywighede.
  • Verstaan ​​veiligheid, sekuriteit en higiëne.
  • Leer oor spyskaartbeplanning en -koste.
  • Verken kombuis- en restaurantbedrywighede.
  • Brei uit op voedselprodukte.
  • Leer meer oor die belangrikheid van die aankoop, berging en beheer van voedsel.
  • Verken voedselvoorbereiding en kooktegnieke.
  • Verstaan ​​tegnieke vir klanteversorging.
  • Oefen en leer tegnieke vir huishouding en kliëntediens.
  • Lees meer oor die instandhouding van die ondernemings en hul persele.

Tyd Toekenning

Die tyd toekenning vir Gasvryheidstudies is 2 uur per akademiese siklus van 5 dae.  

Inhoud Oorsig

Lees hier vir meer inligting oor die inhoud van Gasvryheidstudies.

Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Karla Nortier