Datum Gepubliseer: 11 Mei 2021
Angie Motshekga, die Minister van Onderwys het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum.
Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Onderhoud en Stoffering
- Die voordele
- Waaroor gaan Onderhoud en Stoffering?
- Onderwerpe wat behandel sal word
- Doelwitte
- Tyd Toekenning
- Inhoud Oorsig
Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke
Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek. Met Onderhoud en Stoffering, sal leerders vaardig genoeg wees om in die veld te werk.
Wat is Onderhoud en Stoffering?
Met die nuwe CAPS vak Onderhoud en Stoffering, sal studente die vaardighede en kennis kry om professionele herstelwerk te doen. Hierdie fokus veral op huishoudings en klein konstruksie-omgewings.
Onderhoudsvaardighede word gebruik deur vakmanne wat die afbreek van materiaal voorkom.
Onderwerpe wat behandel sal word
Die volgende onderwerpe sal behandel word in Onderhoud en Stoffering:
- Generiese sisteme
- Metaalwerk
- Meganiese instandhouding
- Loddgieterswerk
- Verfwerk en waterdigting
- Elektriese werk
- Houtwerk
- Messel- en pleisterwerk
- Stoffering
Doelwitte
Die doel van die nuwe CAPS vak, Onderhoud en Stoffering, is:
- Basiese vaardighede toepas om metaalwerkprobleme op te los.
- Handhawing van basiese meganiese toestelle.
- Instandhouding van loodgieterinstallasies.
- Pas basiese vaardighede in steenwerk, pleisterwerk, teëlwerk en waterdigting toe wat gebruik word in die konstruksiebedryf.
- Pas glasingsvaardighede toe wat in die bou- en konstruksiebedryf gebruik word.
- Onderhoud van elektriese toestelle.
- Pas basiese houtwerkvaardighede toe wat in die bou- en konstruksiebedryf gebruik word.
- Leer en pas basiese vaardighede toe wat in stoffering gebruik word.
Tyd Toekenning
Die tyd toekenning vir Onderhoud en Stoffering is 2 uur per akademiese siklus van 5 dae.
Inhoud Oorsig
Lees hier vir meer inligting oor die inhoud van Onderhoud en Stoffering.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Karla Nortier