Nuwe CAPS Vakke: Meganiese Tegnologie

Datum Gepubliseer: 11 Mei 2021

Angie Motshekga, die Minister van Onderwys, het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum. 

Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Meganiese Tegnologie

  • Die voordele 
  • Waaroor gaan Meganiese Tegnologie? 
  • Onderwerpe wat behandel sal word
  • Doelwitte
  • Tyd Toekenning 
  • Inhoud Oorsig

Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke

Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek.  Met Meganiese Tegnologie, sal leerders  vaardig genoeg wees om in hierdie industrie te begin werk.

Wat is Meganiese Tegnologie?

Met die nuwe CAPS vak, Meganiese Tegnologie, sal studente die beginsels van die meganiese wêreld asook tegnologiese prosesse daaraan verbonde, verken.

Praktiese vaardighede en wetenskaplike beginsels rakende hierdie veld sal aangeleer word om die ingenieurs- en vervaardigingsomgewing te verbeter.

Die mikpunt is om dan lewenskwaliteit te verhoog en om natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare manier te gebruik.

Onderwerpe wat behandel sal word

Die volgende onderwerpe sal behandel word in Meganiese Tegnologie: 

  • Veiligheid en noodhulp (beroepsgesondheid en -veiligheid)
  • Grafiese kommunikasie (ingenieursgrafika en ontwerp; rowwe sketse, eenvoudige tekening en ortografies)
  • Gereedskap en toerusting (hand, krag en masjien)
  • Entrepreneurskap
  • Materiale (ysterhoudende en nie-ysterhoudende materiale)
  • Verbindingsmetodes (permanent en semi-permanent)
  • Terminologie (operasies, prosedures en toerusting)
  • Onderhoud (operasies, prosedures en toerusting)

Doelwitte

Die doel van die nuwe CAPS vak, Meganiese Tegnologie is: 

  • Identifiseer en hou by veilige werkspraktyke.
  • Toon kennis van die Meganiese industrie en sy produktiwiteitsvereistes deur toepaslike werkprosedures toe te pas.
  • Verstaan ​​en interpreteer werkinstruksies en tekeninge vir die voltooiing van projekte.
  • Pas meganiese tegnologie, tegnieke, prosesse en vaardighede toe soos toegepas in die vervaardigings- en meganiese industrie.
  • Gebruik toepaslike gereedskap en meetapparatuur.
  • Identifiseer ysterhoudende en nie-ysterhoudende metale, allooie en plastiek met hul verskille, toepassings en gebruike.
  • Demonstreer die verbindingsmetodes en -prosesse.
  • Gebruik toerusting vir die verskuiwing van voertuie.
  • Identifiseer en onderhou batterye van voertuie.
  • Verduidelik fundamentele masjientegnologie.
  • Verwyder en pas motoronderdele in.
  • Voer motordienste uit.

Tyd Toekenning

Die tyd toekenning vir Meganiese Tegnologie is 2 uur per akademiese siklus van 5 dae. 

Inhoud Oorsig

Lees hier vir meer inligting oor die inhoud van Meganiese Tegnologie.

Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Karla Nortier