Die Suid-Afrikaanse Skole Stelsel is besig met veranderinge om leerders voor te berei vir werk

Datum Gepubliseer: 6 April 2021

  • Die Weskaap wil ‘n nuwe drie-stroom struktuur van onderrig implementeer.  Dit sal die volgende insluit:  ‘n Akademiese stroom, beroep roete stroom en ‘n tegniese stroom.   
  • Alternatiewe onderrig wat nie net op akademie fokus nie, kan leerders die geleentheid gee tot gespesialiseerde beroepe. 
  • Aangesien elke leerders se akademiese vermoë verskil, sal almal baat vind by die nuwe struktuur.  Dit sal ook beteken dat meer leerders werk sal kry en suksesvol wees na skool. 

Die Minister van Wes-Kaapse Onderrig, Debbie Schäfer, het gesê dat alhoewel die skool sisteem verander, is die tempo uiters stadig. 

2020 Matriek Uitslae

As ‘n land, het die 2020 matriek klas ‘n slaag persentasie van 76.2% behaal.  Dit is maar net 5.1% laer as die 2019 matriek slaag persentasie van 81.3%. 

Die slaagsyfer van die Weskaap vir die matriek klas van 2020 was 79.9%. Alhoewel dit baie goed was, was dit steeds 2.4% laer as in 2019. 

Die fokus van die Suid Afrikaanse Skole Stelsel

Die Suid Afrikaanse Skole Sisteem het nog altyd meer gefokus op die akademiese stroom.

Terwyl dit goed is vir leerders wat meer akademies meer gefokus is, laat dit ander leerders wat minder akademiese gefokus is agter.   

Die Minister van Onderwys in die Weskaap, het gesê dat hulle provinsie daarin poog om die drie-stroom struktuur van onderrig te implementeer.  Hierdie strome sluit die volgende in:  

  • ‘n Akademiese Stroom 
  • ‘n Tegniese Stroom
  • ‘n Beroep roete Stroom

Hierdie drie strome sal die verskillende behoeftes van die jeug in Suid Afrika help.  Nie net dit nie, maar die drie-stroom model sal ook beter geskik wees vir die veranderde wêreld.

Aangesien leerders meer vaardigheid opleiding gaan ontvang, kan hulle dadelik in die beroep wêreld in beweeg. 

Nuwe vakke sal ingebring word sodat onderrig in Suid Afrika nie net rondom ‘STEM’ vakke draai nie.  ‘STEM’ vakke sluit die volgende in: 

  • Science (Wetenskap)
  • Technology (Tegnologie)
  • Engineering (Ingenieurswese)
  • Mathematics  (Wiskunde)

Die nuwe vak verandering sal vervang word deur ‘STEAMAC’. Vakke onder die model sluit die volgende in:  

  • Arts (Kuns)
  • Agriculture (Landbou)
  • Coding (Kodering)
  • Computational Skills (Bereken vaardighede)

Die Belangrikheid van Alternatiewe Onderrig

Alternatiewe Onderrig is ‘n goeie manier om te verseker dat leerders suksesvol sal wees na skool.  Dit is veral waar in die geval van leerders wat skool in graad 9, 10 en 11 verlaat. 

Deur vir leerders meer praktiese ervaring te gee, sal hulle meer gereed maak om na skool by ‘n werkplek in te stap.

Indien leerders wat akademies nie so sterk is, besluit om tegniese of beroep kursusse te neem vanaf graad 9, inplaas van die tradisionele skole sisteem, sal hulle kan begin werk teen dieselfde tyd as wat hul ou klasmaats matriek begin.

Daar is nie veel beroepe wat jy kan begin sonder ‘n matriek sertifikaat nie.  Met ‘n tegniese- of beroep vaardigheid, sal leerders wat nie universiteit toe kan gaan, oor ‘n skaars vaardigheid beskik.

Dit beteken dat hulle steeds ‘n suksesvolle loopbaan kan bou, wat nie van akademie afhanklik is nie.

Lees hier oor alternatiewe opsies.

Die tempo van verandering

Alhoewel die drie-stroom onderrig stelsel baie leerders kan bevoordeel, is die tempo van die implementering baie stadig.

Dit beteken dat baie leerders nie die geleentheid gaan hê nie, en dus ʼn laer kans op sukses het.  Dit is veral waar vir leerders wat nie akademies sterk is nie. 

Luister na die onderhoud met die Minister van Onderrig van die Weskaap hier.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler: Michelle Faddel