Datum Gepubliseer: 7 April 2021
- Deur jou matriek sertifikaat te kry, kan jy vir meer werke aansoek doen. Dit beteken ook dat jou verdienste potensiaal sal baie meer wees as ‘n persoon sonder ‘n matriek sertifikaat.
- Jy kan aansoek doen vir Volwasse Matriek wanneer jy 19 jaar oud is, maar jy kan eers jou eksamen skryf op die ouderdom van 21 of ouer.
- Jy kan aansoek doen vir jou Volwasse Sertifikaat met slegs ‘n graad 9 sertifikaat.
Indien jy nie jou skoolloopbaan voltooi het nie, het jy steeds ‘n geleentheid om jou matriek klaar te maak. Baie werke vereis ‘n matriek sertifikaat wanneer jy aansoek doen vir ‘n pos.
Dit is waarom jy van die ouderdom van 21 jaar, jou matriek moet klaar maak.
Hier is alles wat jy van Volwasse Matriek moet weet.
Wat is Volwasse Matriek?
Volwasse Matriek is ‘n matriek sertifikaat wat jy kan kry vanaf die ouderdom van 21. Dit is spesifiek vir leerders wat nie skool klaar gemaak het nie, en nou hul matriek wil hê.
Jy kan op die ouderdom van 19 registreer vir jou Volwasse Matriek, maar kan eers jou Volwasse Matriek eksamen skryf wanneer jy 21 jaar oud is.
Die matriek sertifikaat wat jy ontvang nadat jy jou Volwasse Matriek geslaag het, is dieselfde as wat jy sou ontvang het, as jy jou skoolloopbaan voltooi het.
Dit beteken dat niemand sal weet dat jy jou matriek sertifikaat naskools ontvang het nie.
Volwasse Matriek Vereistes
Om aansoek te doen vir Volwasse Matriek moet jy aan die volgende vereistes voldoen:
- Jy moet 19 of ouer wees om registreer vir Volwasse Matriek.
- Jy moet ‘n graad 9 sertifikaat hê. Jy sal ‘n gesertifiseerde kopie moet indien wanneer jy registreer.
Hoekom moet ek my Volwasse Matriek doen?
Hier is ‘n paar redes hoekom jy Volwasse Matriek moet oorweeg:
- Jy kan verder gaan studeer: Met ‘n matriek sertifikaat het jy meer opsies om verder te studeer. Afhangende van jou slaag vlak, kan jy vir ‘n graad, ‘n hoër sertifikaat of ‘n diploma kursus studeer.
- Jy het ‘n beter kans om ‘n werk te kry: Die meeste poste vereis ‘n matriek sertifikaat wanneer jy aansoek doen. Jy sal baie meer werk opsies hê met jou Volwasse Matriek Sertifikaat.
- Jy sal meer geld verdien: Jou matriek sertifikaat gee jou die versekering dat jou verdienste potensiaal baie meer sal wees as ‘n persoon wat nie ‘n matriek sertifikaat het nie. Net omdat jy jou matriek sertifikaat het, sal jy meer geld verdien.
- Jy sal iets bereik: Die lekkerste ding om jou matriek sertifikaat te kry, is dat dit ‘n bewys is dat jy iets groot sal bereik. Deur verder te studeer kan jou selfvertroue ‘n hupstoot gee en iets om na uit te sien in die toekoms.
Waar kan ek my Volwasse Matriek doen?
Matriek Kollege bied jou die geleentheid om jou Volwasse Matriek te doen. Met Matriek Kollege sal jy die akademiese ondersteuning ontvang, van die begin tot die einde, om te verseker dat jy die beste presteer as wat jy moontlik kan.
Klik hier om meer uit te vind van Matriek Kollege en die Volwasse Matriek Program.
Hoe doen ek aansoek vir Volwasse Matriek?
Skakel 012 762 7100 om aansoek te doen vir Volwasse Matriek.
Studeer met Volwasse Matriek
Jy kan baie kwalifikasies studeer met jou Volwasse Matriek Sertifikaat. NATED kursusse is een van die opsies. ‘National Accredited Technical Education Diploma’ kursus gee die leerders beide praktiese en teoretiese kennis om hulle te help slaag.
Hierdie kursusse help jou ook om te spesialiseer in ‘n sekere veld. Werkgewers gee erkenning aan die kursusse, as gevolg van die praktiese opleiding.
Klik hier om meer te leer oor watter NATED kursusse jy na jou Volwasse Matriek kan studeer.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel