Die Gewildste Studie keuses in 2021

Datum Gepubliseer: 7 April 2021

  • Die gewildste studie keuses in 2021 was medici, fisika en onderrig.  Alhoewel baie leerders aansoek gedoen het, kan die universiteite net ‘n sekere aantal leerders aanvaar. 
  • UCT se eerste jaar aansoeke het met 42% gestyg die jaar. 
  • Sommige grade kursusse, soos medici, het ‘n kwota sisteem waaraan die universiteit moet voldoen wanneer aansoeke oorweeg word.

 Suid Afrikaanse Universiteite het onlangs die gewildste studie keuses bekendgestel wat studente in 2021 gekies het.  Die drie mees gewildste keuses was medici, onderrig en fisika. 

Hier is alles wat jy moet weet oor die gewildste studie keuses van 2021.

Die Universiteit van KwaZulu-Natal

By UKZN was die gewildste keuse onderrig.  Met B-Ed heel bo aan die lys, het UKZA 33 000 aansoeke ontvang vir die graad kursus.  

Hulle kon ongelukkig net 1 440 leerders akkommodeer vir die Baccalaureus Graad in Opvoedkunde. 

Die universiteit kan oor die algemeen net 10 000 eerste-jaar leerders ontvang.  Meer as 112 500 leerders het aansoek gedoen. 

Die tweede gewildste keuse was Medici.  7910 leerders het aansoek gedoen om Medici te studeer by UKZA.  Ongelukkig kan net 250 eerste-jaar leerders in die Medici fakulteit geakkommodeer word. 

Vir UKZA, was Regs die derde gewildste keuse.  Ten spyte van die hoeveelheid aansoeke, kan die UKZA net 430 eerste-jaar leerders akkommodeer.

Ander Universiteite

Stellenbosch Universiteit het die hoogste getal aansoeke ontvang vir die volgende:

  • Medici (4 700)
  • Fisika (3 800) 
  • Regs (2 800) 

Stellenbosch kan slegs 290 medici leerders, 240 fisika leerders en 120 leerders vir regs akkommodeer. Stellenbosch Universiteit se klasse begin op die 15de Maart. 

WITS universiteit het 18 366 aansoeke ontvang vir Baccalaureus Graad in Fisika.  WITS het ook 13 549 aansoeke ontvang vir Medici en 10 699 aansoeke ontvang vir ‘n graad in Regs.  

UCT se eerste jaar aansoeke het met 42% gestyg in 2021.  Hulle het altesaam ‘n totaal van 44 600 eerste-jaar aansoeke ontvang.

Medici en die Kwota Sisteem

Daar is ‘n kwota vir eerste-jaar leerders wat Medici wil studeer.  Die kwota sisteem aanvaar die volgende:   

  • 69% Swart Studente 
  • 19% Indiër Studente 
  • 9% Bruin Studente 
  • 2% Wit Studente 
  • 1% ander

 Hierdie studente moet ook aan die volgende vereistes voldoen wanneer hulle aansoek doen: 

  • ‘n gemiddeld van 65% hê
  • Alle vakke (insluitende Wiskunde, Fisiese wetenskap, Lewenswetenskap en Engels) slaag op vlak 5
  • Lewensoriëntering slaag op vlak 4

Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel