Volwasse Matriek, verdere studies en ander opsies vir skoolverlaters

Datum Gepubliseer: 7 April 2021

  • Indien jy skool verlaat het sonder matriek, het jy steeds opsies om ‘n suksesvolle loopbaan te bou.  Hierdie opsies sluit Volwasse Matriek in, kursusse wat nie ‘n matriek sertifikaat vereis nie, gespesialiseerde vaardighede en matriek gelykstaande sertifikate. 
  • Jy kan jou Volwasse Matriek kursus studeer, as jy ouer is as 19 en ‘n graad 9 sertifikaat het.  Jy moet 21 of ouer wees om die Volwasse Matriek eksamen te skryf. 
  • Matriek gelykstaande sertifikate is baie meer “werd” as ‘n gewone matriek sertifikaat.  Hierdie sertifikaat kursusse gee jou ‘n gespesialiseerde vaardigheid wat jou direk by ‘n werkplek kan laat instap.

Dit is nie die einde van die wêreld om skool te verlaat sonder jou matriek nie.  Jy kan steeds ‘n baie suksesvolle loopbaan vir jouself bou, sonder ‘n matriek sertifikaat. 

Hier is ‘n paar opsies wat jy kan oorweeg, indien jy skool verlaat het sonder matriek: 

  • Volwasse Matriek 
  • Verdere Studies sonder ‘n matriek sertifikaat 
  • Gespesialiseerde Vaardigheid 
  • Matriek Gelykstaande sertifikaat

Volwasse Matriek

Volwasse Matriek is ‘n geleentheid vir skoolverlaters om matriek op ‘n latere stadium te kry.  Volwasse Matriek kan in 3 jaar voltooi word. 

Op die ou end sal jy ‘n sertifikaat ontvang, wat presies dieselfde is as was jy aan die einde van jou matriek jaar sou ontvang het. 

Jy kan jou Volwasse Matriek begin op die ouderdom van 19, maar jy moet ouer as 21 wees, wanneer jy jou Volwasse Matriek Eksamen skryf.

In hierdie geval het jy 2 jaar om te studeer om goeie uitslae te ontvang.  Jy moet ten minste ‘n graad 9 sertifikaat hê om te registreer vir Volwasse Matriek. 

Baie deure kan vir jou oopgaan met ‘n matriek sertifikaat.  Nie net sal jy vir meer werksgeleenthede oorweeg word nie, maar jou inkomste verdienste sal ook baie meer as ‘n persoon met slegs ʼn graad 11 sertifikaat. 

Jy kan selfs ‘n geleentheid kry om verder te studeer by ‘n universiteit indien jy met ‘n BG slaag

Klik hier vir meer inligting oor Volwasse Matriek.

Studeer Sonder ‘n Matriek Sertifikaat

Jy kan steeds verder studeer sonder jou matriek sertifikaat.  Instellings soos Matriek Kollege bied kursusse aan wat jy kan studeer sonder dat jy matriek geskryf het.

 The Institute of Certified Bookkeepers bied baie kursusse aan wat jy sonder matriek kan studeer.  

Hierdie kursusse sluit die volgende in:

Kantoor Administrasie (Slegs die kursus vereis ‘n matriek sertifikaat)

Gespesialiseerde Vaardigheid

Of jy nou ‘n vakleerlingskap of leerlingskap studeer, jy sal met beide ‘n vaardigheid aanleer.  Beide hierdie gee leerders beroep spesifiek vaardighede. 

Dit beteken dat jy, sonder dat jy jou skoolloopbaan voltooi het, dadelik kan begin werk.

 Indien jy skool vroeër wil verlaat kan jy altyd na ‘n Tegniese Skool toe gaan. 

Tegniese skole is ‘n goeie manier om jou vaardighede te verbeter en om jou te help om ‘n suksesvolle loopbaan te bou wat nie gebaseer is op die akademiese wêreld nie.

Matriek Gelykstaande Sertifikate

Matriek Gelykstaande Sertifikate kan jou meer geleenthede gee as ‘n fisiese matriek sertifikaat.

Byvoorbeeld, indien jy ‘n matriek gelykstaande sertifikaat doen in Finansiële Rekeningkunde sal jy die gespesialiseerde vaardighede leer, wat jou sal help om vinniger aangestel te word. 

Dit beteken dat teen die tyd wat jy moontlik jou matriek sou behaal het, jy nou alreeds begin bou het aan jou loopbaan. 

Met net ‘n matriek sertifikaat, kan jy nie in ‘n gespesialiseerde loopbaan gaan nie.  Jy sal verder moet studeer net om dieselfde loopbaan geleentheid te hê as iemand met ‘n matriek gelykstaande sertifikaat. 

Met ‘n matriek gelykstaande sertifikaat, kan jy aansoek doen om ‘n spesifieke NATED kursus studeer.

Dit sluit die volgende in:

Klik hier om meer te leer oom Matriek Gelykstaande Sertifikate.

Doen aansoek

Indien jy dit oorweeg om aansoek te doen by Matriek Kollege vir Volwasse Matriek, ICB kursusse of om verder te studeer sonder matriek, kontak Matriek Kollege by  012 762 7100 en gesels met een van ons bekwame konsultante.

Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel