Die verskil tussen ‘n Baccalaureusgraad-en ‘n Diploma Slaag

Datum Gepubliseer: 14 Januarie 2021

‘n Baccalaureus Graad slaag gee jou die geleentheid om verder te studeer op Universiteits vlak, waar ‘n Diploma slaag jou net toegang gee tot kollege kursusse. 

Nou dat die nasien van Matriek vraestelle begin het, is dit belangrik om die verskil tussen die twee slaag vlakke te verstaan.   

  • Slaag Vlak Vereistes 
  • Tersiêre Onderrig

Slaag Vlak Vereistes

Beide ‘n Baccalaureus Graad Slaag en ‘n Diploma Slaag het verskillende vereistes waaraan voldoen moet word.

Die slaag vlak sal hoofsaaklik bepaal word deur jou toegang punt-telling.  (APS Score).  

Jy kan dit hier bereken:

Baccalaureus Graad Slaag

Om aan ‘n BG slaag te voldoen, het jy die volgende nodig:

  • ‘n APS telling van 4 in ten minste 4 hoë krediet vakke 
  • ‘n APS telling in van 3 in jou huistaal 
  • ‘n APS telling van 2 in enige ander 2 vakke  
  • ‘n Totale APS telling van 23

Diploma Slaag

Om aan ‘n DS te voldoen, het jy die volgende nodig:

  • ‘n APS telling van ten minste 3 in jou huis taal 
  • ‘n APS telling van ten minste 3 in 4 hoë krediet vakke 
  • ‘n APS telling van 2 in enige ander 2 vakke 
  • ‘n Totale APS telling van 19

Vir meer inligting oor die APS Telling, klik hier.

Tersiêre Onderrig

Wat jou bevordering in jou opleiding betref, sal jou slaagsyfer aan die einde van jou matriek jaar bepaal of jou in aanmerking kom vir ‘n tersiêre instelling. 

Baccalaureus Graad Slaag

As jy ‘n BG-slaag behaal het, kan jy op universiteits vlak studeer.  Onthou dat hierdie slaagsyfer die minimum is wat nodig is om universiteit toe te gaan.  

Elke universiteit vereis dat jy ‘n sekere stel vereistes benodig.  Jou toelatings punt moet ook ooreenstem met die kursus waarvoor jy aansoek doen. 

Net omdat jy ‘n BG-slaag het, beteken nie dat jy in enige universiteitskursus kan studeer nie.

Diploma Slaag

‘n Diploma slaag sal jou nie toelaat om vir ‘n graad te studeer nie.  In plaas daarvan kan jy aansoek doen om ‘n Diploma kursus by ‘n universiteit of kollege te studeer.  Hierdie slaag is die minimum vereiste om in te kom vir ‘n Diploma kursus. 

Jy kan ook besluit om kursusse te studeer wat nie ‘n matriek sertifikaat benodig nie.  Matriek Kollege bied kursusse aan soos hierdie wat hoogs aanbevole is en wat jou kan help om ‘n suksesvolle loopbaan te bou.

 The Institute of Certified Bookkeepers bied ook kursusse aan in Finansiële- en Besigheid Bestuur wat nie ‘n matriek sertifikaat benodig nie.

Dit sluit die volgende kursusse in:

Op universiteits vlak moet jy vir elke kursus ‘n matrieksertifikaat hê.  Gelukkig bied Matriek Kollege elkeen van hierdie ICB kursusse wat met ‘n graad 10 of 11 sertifikaat begin kan word.

Registrasie

Indien jy dalk by ‘n universiteit wil registreer, klik hier om al die universiteite in Suid Afrika te sien, met hul aansoek vorms. 

Vir enige aansoeke by Matriek Kollege, skakel ons gerus by 012 762 7100 en gesels met een van ons kursus deskundiges. 

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler: Michelle Faddel