Kursusse gelykstaande aan Matriek

Datum Gepubliseer: 11 Januarie 2021

Hier is ‘n lys van die beste kursusse gelykstaande aan matriek wat jy kan studeer:

ICB kursusse

The Institute of Certified Bookkeepers is ‘n internasionale erkende instelling vir afstandsonderrig. ICB het ‘n goeie reputasie vir kursusse in sake- en finansiële bestuur.  Finansiële bestuur en besigheid Bestuur is albei skaars vaardighede.  

Jy sal nie verkeerd gaan met een van die volgende kursusse nie:

Waar kan ek studeer sonder matriek?

Die volgende kolleges bied jou die geleentheid aan om te studeer sonder matriek:

Wat is gelykstaande aan matriek?

‘n NQF 4 is die op dieselfde vlak as ‘n matriek sertifikaat.

Die kwalifikasies wat studente ontvang op skool is dieselfde as NQF 4.  ‘n NQF 4 kwalifikasie word gewoonlik deur ‘n kollege behaal.

Klik hier vir meer inligting oor ekwivalente kursusse.

Kan ek universiteit toe gaan met ‘n NQF 4 kwalifikasie?

Ja, jy kan!

Voordat jy op ‘n kursus besluit, is dit baie belangrik om goed navorsing te doen oor die kursus se toelatings vereistes.

NQF Vlakke

Die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NQF) hou rekords van die studente se prestasie deur hul krediete te beoordeel.  

Die raamwerk word nasionaal herken en alle opvoedkundige vlakke val onder die NQF raamwerk.  

Die NQF meet die vermoëns van die studente aan die hand van riglyne.  Dit word gedoen om te bepaal of die student aan die standaard en kriteria van die gegewe vlak voldoen.  

Daar is 10 NQF vlakke.  Jy moet ‘n vasgestelde hoeveelheid krediete behaal, voordat jy kan oorgaan na die volgende vlak.  NQF vlakke word in 3 groepe saamgegroepeer.   

Hulle is die volgende:  

  1. NQF Vlakke 1 tot 4 – Vlakke van graad 9 tot graad 12 by ‘n skool of TVET kollege.
  2. NQF Vlakke 5 tot 7 – Dit is naskoolse vlakke wat wissel van diplomas tot grade.
  3. NQF Vlakke 8 tot 10 – Hierdie is grade en nagraadse grade van ‘n universiteit.

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel