Hoe kan ek my Matriek herskryf?

Datum Gepubliseer: 8 Januarie 2021

Wil jy graag jou matriek herskryf?  Hier is ‘n riglyn wat jy kan volg.

Kan ek nog steeds registreer om my matriek te herskryf?

Ja, jy kan!

Wanneer kan ek my matriek herskryf?

Indien jy nie gelukkig is met jou matriek uitslae nie, het jy nou die geleentheid om dit te verander!

Jy kan ‘n tweede nasionale eksamen skryf in dieselfde jaar as wat jy jou uitslae ontvang. 

Hierdie eksamen was voorheen bekend as aanvullende eksamens.

Alternatiewelik kan jy ook jou matriek jaar oordoen en aan die einde van die jaar jou eksamen herskryf.

Kan ek my matriek na 5 jaar herskryf?

Ja, jy kan!  Indien jy meer as 5 jaar terug matrikuleer het, kan jy aansoek doen vir  ‘n Gewysigde Nasionale Senior Sertifikaat (ANSC) ook bekend as Volwasse Matriek.

Volwasse Matriek

Volwasse Matriek is ‘n manier vir mense ouer as 21 jaar, wat graad 9 voltooi het om ‘n matriek sertifikaat te kry.

Hier is hoe jy kan kwalifiseer vir Volwasse Matriek:

  • Volwasse leerders, ouer as 21 jaar wat die volgende het:  
  • ‘n Algemene Onderwys- en Opleiding Sertifikaat (GETC); of
  • ‘n Graag 9 skool verslag (of die ou standerd 7) wat verklaar dat hulle geslaag het; of
  • ‘n Erkende gelykwaardige kwalifikasie behaal op NQF – vlak wat twee amptelike tale vereis.

Hoe kan ek my Matriek opgradeer?

Jy kan jou matriek opgradeer deur Matriek Kollege

‘n Matriek opgradering is ‘n geleentheid vir jou om jou uitslae te verbeter.  Indien jy matriek geslaag het en jou punte wil verbeter, is matriek opgradering die perfekte opsie vir jou!

Met ‘n matriek opgradering kan jy net fokus op vakke wat se punte jy wil verbeter.  Op hierdie manier hoef jy nie al jou vakke te herskryf nie. 

Klik hier, vir meer inligting hoe om jou matriek op te gradeer.

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel