Maak ‘n goeie indruk in ‘n Onderhoud

Datum Gepubliseer: 7 Januarie 2021

Dit kan opwindend wees om daardie oproep te kry vir die werksonderhoud waarop jy gewag het.  Jy moet seker maak dat jy ‘n baie goeie indruk maak.

8 wenke om ‘n goeie eerste indruk te maak:

  • Trek professioneel aan
  • Wees betyds
  • Betree die vertrek met selfvertroue
  • Wees vriendelike 
  • Tree geïnteresseerd op
  • Wees voorbereid om oor die maatskappy te praat 
  • Verwyder steurende items 
  • Weet hoekom jy daar is

Trek professioneel aan

Trek professioneel aan asof jy ‘n belangrike aanbieding doen, met ‘n belangrike kliënt of asof jy uiteet saam met die uitvoerende hoof van die maatskappy.

  • Maak seker jou klere sit nie te styf nie.
  • Moenie te veel van jou lyf ontbloot nie en vermy ook oorgroot klere. 
  • Indien jy twyfel of jou uitrusting onvanpas is, moenie ‘n vriend vra om jou keuse te bevestig nie.  Verander net jou uitrusting. 
  • Vermy te veel juweliersware, parfuum of naskeermiddel.

Wees betyds

Tydsberekening is een van die belangrikste vaardighede wat jy in die werkplek kan hê.  Om betyds te wees, is ‘n bewys aan die werkgewer dat jy die werk ernstig opneem en tyd respekteer.

Betree die vertrek met selfvertroue

Selfvertroue kan jou ver neem!  Deur die vertrek met selfvertroue binne te gaan kan beslis ‘n indruk skep, dit hang van jou af om te verseker dat jy ‘n goeie een agter laat.

Wees vriendelik

Wees vriendelik met almal wat jy ontmoet.  Jy wil ‘n goeie indruk skep in alle ontmoetings.  Deur vriendelik met almal te wees, is ‘n goeie eienskap en toon nederigheid.

Betoon vriendelikheid aan elke persoon, insluitend parkeerterrein assistente, sekuriteitsbeamptes, ontvangsdames, uitvoerende assistente, personeel hulpbronne personeel, potensiële medewerkers en aanstelling bestuurders.

Tree geïnteresseerd op

Toon belangstelling in jou onderhoud deur vrae te vra en met die onderhoud voerders te kommunikeer.  Dit sal hulle wys dat jy vir die organisasie wil werk.

Wees voorbereid om oor die maatskappy te praat

Berei jouself voor om ‘n gesprek te voer waarin jy jou kennis oor die maatskappy deel.  Oefen antwoorde oor moontlike vrae asook jou eie vrae.

Moenie optree asof jy alles weet nie, jy mag dalk arrogant voorkom.  Jy moet die maatskappy se webtuiste besoek en enige relevante nuus lees, sodat jy intelligent oor die maatskappy kan praat.

Verwyder steurende items

Verwyder enige items wat jou aandag tydens die onderhoud kan aftrek. 

  1. Sit jou foon af of stel dit op stil
  2. Raak ontslae van enige los kleingeld in jou sak 
  3. Moet nie kougom kou nie 

Weet hoekom jy daar is

Onderhoud voerders sal gewoonlik die vraag vra: “Waarom is jy hier?” om die ys in die onderhoud te breek.  Om jou onderhoud goed te begin, berei jou antwoord voor op die vraag: “Waarom is jy hier?”

Vertel die onderhoud voerder waarom jy opgewonde is oor die moontlikheid om by hierdie spesifieke maatskappy aan te sluit.  Verduidelik kortliks hoe jou vaardighede en ervaring kan bydra tot die sukses van die maatskappy. 

Klik hier vir meer inligting oor die beveiliging van ‘n werk. 

Klik hier vir die top websuites om ‘n werk te soek.

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel