Matriek Opgradering met Matriek Kollege

Datum Gepubliseer: 19 April 2021

  • Matriek Opgradering is ‘n baie goeie opsie as jy jou Matriek uitslae wil verbeter. Jy kan selfs jou vakke verander om aan te pas by jou studie keuse. 
  • Baie leerders is soms verward oor hoe om hul matriek uitslae te kombineer na opgradering.  Jy kan aanlyn registreer vir ‘n gekonsolideerde sertifikaat.  Daarna, moet jy al jou dokumente na die Departement van Onderwys neem of jy kan dit aanlyn indien. 
  • Matriek Opgradering is ‘n goeie keuse om ‘n suksesvolle loopbaan te bou.  Daar is ander opsies om verder te studeer sonder ‘n matriek sertifikaat. 

Matriek Opgradering is ‘n goeie keuse om te maak indien jy nie die verwagte uitslae behaal het met jou finale eksamens nie.  Matriek Kollege bied jou die geleentheid aan om jou uitslae te verbeter.  Jy sal ook weet hoe om die uitslae te kombineer na die opgradering. 

Wat is Matriek Opgradering?

Matriek Opgradering is ‘n 1 jaar kursus om jou te help jou uitslae verbeter.  Indien jy jou matriek jaar voltooi het, maar nie die resultate gekry het waarvoor jy gehoop het nie, kan jy dit verbeter met ‘n Matriek Opgradering.

Die beste ding van ‘n Matriek Opgradering is dat jy jou vakke kan verander na wat jou graad vereis of selfs net vakke kies wat makliker vir jou sal wees om te slaag.

Nadat jy jou matriek opgradering voltooi het, kan jy die uitslae konsolideer met jou oorspronklike sertifikaat, met die vakke wat jy gekies het om te verbeter.

Matriek Kollege is een van die hoogs aanbevole matriek opgraderings kolleges.  Vir meer inligting oor fooie skakel ons gerus by 012 762 7100.

Hoe om jou uitslae te kombineer na Opgradering

Nadat jy jou Matriek Opgradering voltooi het, moet jy die nuwe uitslae kombineer met jou oorspronklike uitslae.

 Volg die volgende stappe om jou uitslae te kombineer na jou opgradering:  

  •  Gaan na jou naaste Departement van Onderwys met al jou eksamens uitslae.
  • Neem jou oorspronklike ID asook ‘n gesertifiseerde afskrif saam.
  • Neem jou bewys van betaling saam. 

OF

  • Registreer hier.
  • Laai die vorm af en voltooi die aangehegde dokumentasie.

Die koste van ‘n vervangende matriek sertifikaat is R118.

Wie is Matriek Kollege?

Matriek Kollege is ‘n Afstandsonderrig Instelling met ‘n verskeidenheid van kursusse wat jy sonder matriek kan studeer.

Hulle bied ook Volwasse Matriek aan vir leerders wat nie hul matriek op skool voltooi het nie.  Hierdie matriek kursusse is baie voordelig vir enige indiwidu wat graag verder wil studeer. 

Hoekom jy Matriek Kollege moet kies?

Afstandsonderrig is ‘n goeie geleentheid wanneer jy verder wil studeer.  

Hier is ‘n paar redes hoekom Matriek Kollege is goeie opsie is: 

  • Leer in die gerief van jou huis: Aangesien jy geen klasse bywoon nie, kan jy in die gemak van jou eie huis leer. 
  • Dit is goedkoper as kontak klasse: Afstandsonderrig is baie goedkoper as kontak klasse, omdat jy nie elke dag klas moet bywoon nie. 
  • Spaar geld: Jy sal geld spaar omdat daar geen vervoerkostes is nie.  Jy hoef ook nie te trek om nader aan ‘n instelling te wees nie. 
  • Studie Ondersteuning: Met Matriek Kollege kry jy al die studie ondersteuning wat jy nodig sal hê.  Tutor groepe, ou vraestelle en tutors om te verseker dat jy jou beste lewer. 
  • Jou boeke word afgelewer: Matriek Kollege lewer jou boeke by jou huis af.  Sodra jou betaling reflekteer, word jou boeke na hou adres koerier teen geen ekstra kostes nie.  Al jou studie materiaal is ingesluit by die fooie.

Alternatiewe opsies vir Matriek Uitslae Opgradering

Indien Matriek opgradering nie iets is waarin jy belang stel nie, is daar opsies.

Hierdie opsies sluit die volgende in:  

  • “Second Chance Matric” 
  • Studeer sonder ‘n Matriek Sertifikaat 
  • Volwasse Matriek 
  • Matriek Gelykstaande Sertifikate

“Second Chance Matric”

Die “Second Chance Matric” inisiatief gee jou die geleentheid om jou matriek te herskryf vir beter resultate.  Op hierdie manier kan jy verseker wees om jou matriek sertifikaat te ontvang, mits jy jouself goed voorberei het vir die eksamen.  

Jy kan “Second Chance Matric” meer as een keer doen.  

Hier is ‘n paar wenke om jou te help jou “Second Change Matric” slaag en sodoende jou matriek sertifikaat kry.  

Matriek sertifikate is nie alles nie.  Alhoewel, baie goeie geleenthede begin met ‘n matriek sertifikaat.  

Dit sluit die volgende in:

  • Jy kan universiteit toe gaan: Indien jy met ‘n BG slaag, kan jy universiteit toe gaan.  Sonder ‘n Baccalaureus Slaag, kan nie registreer by ‘n universiteit nie.
  • Jy mag makliker ‘n werk kry:  Meeste werkgewers vereis ‘n matriek sertifikaat wanneer jy aansoek doen vir werk.  Jy sal net op die kortlys geplaas word, indien jy ‘n matriek sertifikaat het. 
  • Jou salaris sal verdubbel: Met ‘n matriek sertifikaat sal jou salaris dubbel wees, as ‘n persoon sel salaris wat net ‘n graad 11 sertifikaat het. 
  • Jy kan verder studeer:  Met ‘n matriek sertifikaat kan jy verder studeer.  Afhangende van jou slaag vlak, kan jy studeer vir ‘n graad, diploma, ‘n hoër sertifikaat of ‘n NATED kursus..

Studeer sonder ‘n Matriek Sertifikaat

Sonder ‘n matriek sertifikaat, kan jy steeds vir jou ‘n suksesvolle loopbaan bou.  Daar is baie hoë-profiel kursusse wat jy kan studeer sonder matriek.   

The Institute of Certified Bookkeepers is ‘n Afstandsonderrig Instelling wat 5 strome aanbied.  

Hier is die 5 strome: 

Matriek Kollege bied verskeie kursusse aan wat jy kan studeer sonder ‘n matriek sertifikaat.  Hierdie kwalifikasies kan jou help om ‘n suksesvolle loopbaan te bou met ‘n goeie salaris, sonder dat jy jou skool loopbaan voltooi het.

Matriek Kollege bied die volgende kursusse aan:   

Volwasse Matriek

Volwasse Matriek is ‘n kans vir indiwidue om hul matriek sertifikaat op ‘n latere stadium te kry.  As jou ‘n graad 9 sertifikaat het, kan jy jou Volwasse Matriek voltooi.

Of jy skool verlaat het na graad 9 of jou matriek nie voltooi het nie, jy het steeds kans om jou matriek oor te doen.  Jy kan op die ouderdom van 19 registreer vir jou Volwasse Matriek.  

Jy moet ouer as 21 jaar wees wanneer jy jou volwasse matriek eksamen skryf.  Met ander woorde jy sal kan studeer vanaf jy 19 jaar oud is tot 21.

Matriek Gelykstaande Sertifikate

Matriek Gelykstaande  sertifikate is meer “werd” as normale matriek vir baie leerders.  Matriek gelykstaande sertifikate gee leerder gespesialiseerde vaardighede wat hulle die geleentheid gee om dadelik te begin werk.   

Met ʼn gewonde matriek sertifikaat moet jy eers gaan studeer om vaardighede aan te leer.

Byvoorbeeld, indien jy skool verlaat het na graad 10, kan jy registreer om ICB Finansiële Rekening te studeer.  By die tyd wat jy jou skoolloopbaan sou voltooi het, het jy alreeds begin bou aan jou loopbaan in Rekeningkunde.

ICB bied twee sertifikate aan wat meer beteken as net ‘n Matriek Gelykstaande Sertifikaat.  

Hierdie sertifikate kan jou help om te registreer vir kursusse wat ‘n matriek sertifikaat vereis. 

Gereelde Vrae

Hier is ‘n paar gereelde vrae: 

Kan ek Matriek aanlyn verniet studeer? 
Nee, jy kan nie Matriek aanlyn verniet studeer nie. 

Is daar Kolleges wat graad 10 en 11 aanbied? 
Nee.  Jy kan egter ‘n Matriek Gelykstaande Sertifikaat studeer met jou graad 10 sertifikaat.  Jy kan selfs verder studeer met slegs ‘n graad 9 of 10 sertifikaat. 

Hoe kombineer ek my matriek uitslae na opgradering?
Klik hier om meer uit te vind oor hoe jy jou uitslae kan kombineer na opgradering.

Wat is ‘n Matriek Opgradering? 
Klik hier vir meer inligting oor Matriek Opgradering.

Aanvaar Universiteite gewysigde Senior Sertifikate? 
Ja, hulle doen.  Sodra die sertifikaat gewysig word, is dit presies dieselfde as ‘n gewone sertifikaat.

 Waar kan ek die resultate van die 2020 Matriek Eksamens vind? 
Vir meer inligting waar jy jou matriek uitslae kan vind, klik hier

Wanneer is die  2021 Matriek herskryf registrasie?
Klik hier om meer te leer oor 2021 Matriek herskryf.  

Waar is die Matriek Herskryf skole? 
Jy kan jou matriek herskryf by jou ou skool of deur Second Chance Matric Initiative. Jy kan selfs die Matriek Opgradering oorweeg.

Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel