Hoe om voor te berei vir jou “Second Chance” Matriek eksamen

Datum Gepubliseer: 25 Maart 2021

  • ‘n Geskikte studierooster is ‘n uitstekende manier om te verseker dat jy jou matriek slaag.  Dit sal jou ook help om jou werklas te versprei.
  • Sonder genoeg slaap, sal jy sukkel om te studeer.  Maak seker dat jy elke aand genoeg slaap. 
  • Indien jy jou “Second Chance” matriek nie deurkom nie, het jy steeds ander opsies.  Jy kan jou matriek herskryf, ‘n paar jaar wag en dan weer jou matriek skryf of verder studeer. 

Om voor te berei vir jou “Second Chance” matriek kan baie stresvol wees.  Hier is ‘n paar wenke om jou te help slaag:

  • Stel ‘n studierooster op 
  • Weet wat jy alles nodig sal hê 
  • Oefen, Oefen, Oefen! 
  • Glo jy kan

Lees meer hier oor Hoe om Eksamen Stres te oorwin.

Stel ʼn Studierooster op

Om te verseker dat jy deur al jou werk sal kom, moet jy ‘n studierooster opstel.  Studierooster help jou om die werkslading te versprei sodat jy al jou werk betyds kan doen.

Sonder een, mag jy dalk verward raak met al die werk wat jy moet voltooi vir die eksamens.   

Studie roosters is ook ‘n goeie hulpmiddel om seker te maak jy sluit pouses en sport saam met jou studie tyd in.

Klik hier vir ‘n studie rooster voorbeeld. 

Weet wat jy alles nodig sal hê

Om jouself goed te ken en om te weet wat jy nodig het, is ‘n goeie begin om te verseker jy slaag jou matriek.  Hier is ‘n paar dinge wat jy in gedagte moet hou wanneer die eksamen tydperk begin:

  • Hoeveel slaap het jy nodig?
  • Wat is jou beste vakke?
  • Met watter vakke sukkel jy en benodig ekstra hulp? 
  • Hoe lank gaan dit jou neem om jou werk klaar te maak? 

Elkeen van die vrae kan jou help om jou studie rooster beter te beplan en om meer tyd op jou studies te fokus.

Dit is baie belangrik om te weet hoeveel slaap jy nodig het, sonder genoeg slaap sal jy sukkel om te studeer.

Jy moet weet watter vakke meer oefening en werk nodig het.  Op die manier kan meer tyd en aandag aan daardie vakke gee.  Indien jy meer tyd aan seker vakke moet gee, werk dit so op jou studierooster in. 

Dit mag dalk beteken dat jy vroeër sal moet begin leer as ander.  Daar is niks fout met dit nie, net solank jy weet wat die beste vir jou sal werk.

Oefen, Oefen, Oefen

Hoe meer jy jou werk oefen, hoe beter sal jy daarin vaar.  Dit is veral waar met vakke soos wiskunde en fisika. 

Maak seker dat jou ou eksamen vraestelle deurwerk.  Op hierdie manier kan jy jouself ook toets om uit te vind wat jy weet en waar jy meer aandag moet gee.

Glo Jy Kan

Die eerste stap is om te glo jy kan!  As jy nie in jouself glo nie, gaan jy nie gemotiveerd wees om te studeer nie.  Glo jy kan slaag en stel realistiese doelwitte vir jouself op.   

Doelwitte is ‘n goeie manier om jou te motiveer terwyl jy studeer.

Klik hier vir meer wenke oor voorbereiding vir die eksamen.

Wat gebeur as ek Matriek nie Slaag nie?

As jy jou “Second Chance” Matriek nie slaag nie, is dit nie die einde van die wêreld nie.  Jy het twee opsies indien jy nie slaag nie:

  • Herskryf jou Matriek
  • Studeer sonder Matriek

Herskryf jou Matriek

Daar is altyd die opsie om jou matriek te herskryf.  Bly positief en onthou dat jy steeds die kans het om jou matriek te slaag. 

As jy matriek vir eers wil los, dan kan jy.  Jy kan altyd later jou matriek skryf. Jy kan aansoek doen vir Volwasse Matriek, en dit na die ouderdom van 21 skryf.  Jy kan alreeds op die ouderdom van 19 hiervoor aansoek doen. 

Studeer sonder Matriek

Daar is baie kursusse wat jy sonder matriek kan studeer.  Hoogs aanbevole instelling soos die Instituut van Geregistreerde Boekhouers (ICB) bied kursusse aan wat jy kan studeer sonder matriek.  Elk van die kursusse is skaars- of kritiese vaardighede.

Hier is ‘n paar kolleges wat kursusse aanbied wat jy sonder matriek kan studeer:

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler:  Michelle Faddel