Datum Gepubliseer: 24 Maart 2021
- Of jy jou matriek geslaag het of nie, jy kan nog steeds verder studeer.
- Jy kan ‘n NATED kursus studeer sonder ‘n matriek sertifikaat OF ‘n gelykstaande sertifikaat, afhangende van die kursus.
- Jy kan ook jou matriek uitslae verbeter deur ‘n matriek opgradering.
Nou dat die matriek uitslae vrygestel is, dit tyd om aan jou volgende stappe te dink. Of jy matriek goed geslaag het of glad nie geslaag het nie, jy het steeds opsies.
Dit sluit die volgende in:
- Matriek Opgradering
- Studeer verder met Matriek
- Studeer verder sonder Matriek
- Begin werk
Matriek Opgradering
Matriek opgradering is ‘n fantastiese keuse as jy jou matriek punte wil opgradeer. Indien jy vir ‘n sekere kursus wil studeer of net jou matriek wil slaag, kies matriek opgradering.
Met Matriek Opgradering, kan jy selfs nuwe vakke kies wat makliker sal wees of beter by jou kursus vereistes sal pas.
Studeer verder met Matriek
Met ‘n matriek sertifikaat, kan jy verder studeer. Jou opsies sal afhang van jou matriek slaag vlak.
- Baccalaureus Graad Slaag: Met hierdie slaag kan jy by ‘n universiteit aansoek doen.
- Diploma Slaag: Met hierdie slaag kan jy aansoek doen vir ‘n Diploma Kursus.
- Hoër Sertifikaat Slaag: Met hierdie slaag kan jy aansoek doen vir Hoër Sertifikaat kursusse.
- Nasionale Senior Sertifikaat Slaag: Hierdie slaag is die minimum wat nodig is om matriek te slaag. Met hierdie slaag kan jy kursusse studeer wat slegs matriek vereis OF kursusse wat glad nie Matriek vereis nie.
NATED kursusse is ‘n fantastiese manier om verder te studeer met jou matriek sertifikaat. Elke kursus bied beide praktiese en teoretiese elemente aan, om jou voor te brei vir die werkplek.
Studeer verder sonder Matriek
Sonder ‘n Matriek sertifikaat het jy steeds die opsie om verder te studeer. Jy kan steeds ‘n suksesvolle loopbaan bou, al het jy nie skool voltooi nie.
“The Institute of Certified Bookkeepers” bied internasionale erkende kursusse aan wat jy kan studeer met jou graad 10 en 11 sertifikate.
Kolleges soos Matriek Kollege en Skills Academy bied kursusse wat jy kan neem sonder ‘n matriek sertifikaat. Dit beteken dus dat jy jou loopbaan kan bou sonder dat jy graad 10 voltooi het.
Verskeie NATED kursusse wat jy sonder matriek kan studeer. In hierdie geval, het jy een van die volgende matriek ekwivalente sertifikate nodig om jou pad op te werk na ‘n Nasionale Diploma:
- Further Education and Training Certificate: Bookkeeping – NQF Vlak 4. SAQA ID 58376. Krediete: 130
- National Certificate: Small Business Financial Management – NQF vlak 4. SAQA ID 48736. Krediete: 120
Die Volgende hoogs aanbevole kolleges bies NATED en ICB kursusse aan:
- Matric College
- Matriek Kollege
- Skills Academy
- Bellview Institute of Distance Learning
- Ember Academy
- The Learning Group
- Décor School
Begin werk
Indien jy nie verder wil studeer nie, kan jy dadelik begin werk. Jy kan selfs net werk vir ‘n paar jaar en dan spaar vir jou verdere studies.
Om praktiese ervaring op te doen is ‘n goeie manier om jouself voor te berei vir verdere studies of ander werk geleenthede.
Jy kan self deeltyds werk en studeer. Op die manier kan jy beide teoretiese en praktiese ondervinding opdoen.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel