Vervangende Matriek Sertifikate

Datum Gepubliseer: 19 Maart 2021

  • Verlore of beskadigde Matriek Sertifikate
  • Wat het jy nodig om een aan te vra?
  • Matriek Sertifikaat status verandering
  • COVID-19 en die ontvangs van jou Matriek Sertifikaat
  • Kan ek my Matriek Sertifikaat gaan haal?

Dit is baie maklik om jou matriek sertifikaat te verloor.  Omdat dit papier is, is die kanse goed dat dit ook beskadig kan word.  Ongelukkig gebeur dit met baie mense.

Gelukkig kan jou matriek sertifikaat weer uitgereik word.  Die Departement van Basiese Onderwys kan sertifikate heruitreik.

Verlore of beskadigde Matriek sertifikaat

Of jou matriek sertifikaat verlore geraak het met ‘n trek of beskadig geraak het op een of ander manier, daar is hoop vir ‘n nuwe een. 

Indien jy jou sertifikaat verloor het, moet jy ‘n beëdigde verklaring indien, wanneer jy aansoek doen vir ‘n nuwe een. Hier is ‘n paar wenke vir wanneer jy jou beëdigde verklaring aflê. 

As jou matriek sertifikaat beskadig is, moet jy die beskadigde een inhandig, asook ‘n beëdigde verklaring om te verduidelik wat gebeur het.

Vir meer inligting hoe om jou Matriek Sertifikaat te kry, lees hier.

Wat het jy nodig?

Hier is ‘n paar dinge wat jy sal nodig hê, wanneer jy aansoek doen vir ‘n nuwe matriek sertifikaat.

  • Beëdigde verklaring:  Dit geld vir beide verlore of beskadigde matriek sertifikate.  Jy moet kan verduidelik hoe jy dit verloor of beskadig het.  Gaan na jou naaste polisie stasie om die beëdigde verklaring te laat sertifiseer.
    Jou ID dokument:  Met COVID-19 het amper alles na aanlyn verander.  Wanneer jy aanlyn aansoek doen en jou dokumente oplaai, maak seker jou afskrif van jou ID dokument  is ook gesertifiseer.  Dit kan ook by die polisie stasie gedoen word.
    Admin Fooi:   Nadat jy aanlyn aansoek gedoen het, kan jy op dieselfde platvorm ook jou betaling maak.  Anders kan jy die betaling by jou naaste poskantoor doen die bewys van betaling aanheg by jou dokumente.  Die Departement van Onderwys gaan ‘n bewys van betaling versoek.
  • Aanlyn Aansoek: Alle aansoeke het met COVID – 19 aanlyn beweeg.  Laai al die vereiste dokumente op, insluitend jou bewys van betaling.

Matriek Status verandering

Matriek eksamens kan soms op twee verskillende  tye geskryf word.  Dit kan beteken dat jy twee verskillende matriek sertifikate het.  Om die twee te kombineer, moet jy aansoek doen vir ‘n status verandering. 

‘n Status verandering kan ook aanlyn gedoen word.  As jy die krediete kombineer, kan dit bepaal of jy jou Nasionale Senior Sertifikaat sal ontvang. 

Terwyl jy vir die status verandering wag, kan jy aansoek doen vir ‘n uitslae staat.  Dit kan jou ook help om aansoek te doen vir ‘n werk of registrasie by ‘n kollege of universiteit.

COVID-19 en die ontvangs van jou Matriek Sertifikaat

Meeste aansoek prosesse is nou aanlyn, as gevolg van COVID-19. Indien jy voor die grendel tyd aansoek gedoen het, is jou sertifikaat moontlik al gereed vir ontvangs.

Kan ek my matriek sertifikaat gaan haal?

Bevestig dat jou sertifikaat gereed is, voordat jy dit wil gaan haal.  Afhangende van jou provinsiale  ligging, is hier ‘n lys van nommer wat jy kan skakel om te bevestig.

  • Nasionale Kantoor: 012 357 4511/13
  • Oos Kaap: 043 604 7709/73
  • Vrystaat: 051 404 8000
  • Gauteng: 011 355 0588
  • KwaZulu-Natal: 031 327 0538/0331
  • Limpopo: 015 290 7747/7830
  • Mpumalanga: 013 766 0033
  • Noord Kaap: 053 839 6585
  • Noord Wes: 018 384 3100/51
  • Wes-Kaap: 021 467 2483

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler:  Michelle Faddel