Datum Gepubliseer: 17 Maart 2021
- Verdienste Potensiaal
- Werkloosheid
- Jy het steeds ‘n kans
- Kan ek studeer sonder matriek?
- Wenke vir verdere studies
Met die hoë werkloosheid syfer in Suid Afrika, kan ‘n enkele jaar se verdere studies, jou lewe drasties verander. Die individue wat wel ‘n werk vind, sal heel waarskynlik ‘n hoër onderrig vlak hê.
Leerders wat hul matriek voltooi, kan reeds verwag om dubbel die salaris te verdien as diegene wat nie hul matriek voltooi het nie.
Verdienste Potensiaal
Jou inkomste verdienste word gebaseer op jou vlak van onderrig.
Kyk na die volgende inligting grafiek deur Matriek Kollege wat die verwagte salaris op grond van jou onderrig toon.
As jy ‘n enkele jaar van studie byvoeg, is jou kanse vir werkloosheid 6.8%. Deur jou matriek te behaal met ‘n diploma daarby, verhoog dit jou inkomste potensiaal na meer as dubbel.
Die nare statistieke
Hierdie gedagtes is nie maklik om te prosesseer nie. Met ongeveer 50% leerders wat hul skoolloopbaan begin, behaal nie hul matriek nie, bly die werkloosheid syfer hoog.
Deur nie jou matriek te behaal nie, kan jy nie ‘n salaris van meer as R2660 verwag nie. Sonder ‘n matriek sertifikaat is jou kanse vir werkloosheid 55.9%.
Van al die leerders wat met graad 12 begin, sal slegs 5% voortgaan om vir ‘n graad te studeer. Ongelukkig is dit juis die graad wat jou ‘n goeie inkomste kan verseker, asook ‘n versekering kan gee van ‘n beroep.
Werkloosheid
As gevolg van COVID-19, staar ongelukkig bykans 30% van Suid Afrika werkloosheid in die gesig. Dit is ‘n rekord hoogte punte vir Bloomburg sedert hul eerste rekords in 2008.
Die kanse vir werkloosheid is hoë vir diegene wat lae vlakke van onderrig het. Selfs met ‘n matriek sertifikaat, is hul kanse om werk te kry, slegs 34.7%.
Dit is waarom dit belangrik is om te studeer, al voeg jy net een jaar by jou matriek. Dit sal jou ook ‘n help om makliker ‘n werk te kry.
Jy het steeds ‘n kans
Danksy aan betroubare instellings soos Matriek Kollege, kan leerders met graad 9 aansoek doen om hul matriek te voltooi na die ouderdom van 21.
Jy het nie net een geleentheid om jou verdienste te verdubbel nie. Wanneer jy gereed is, kan jy dit oorweeg om jou matriek te voltooi.
Kan ek verder studeer sonder matriek?
Daar is verskeie instansies wat jou kan help om te studeer sonder ‘n matriek sertifikaat. Dit gee die individees ‘n kans om hul inkomste potensiaal te verbeter sonder matriek.
Hier is ‘n lys van ander instansies om na te kyk.
Deur verdere studies, mag jy dalk beweeg na ‘n groter inkomste vlak.
Ember Academy
‘n Afstandonderrig Instelling, Ember Academy bied kursusse aan vir studente wie nie matriek behaal het nie.
Hierdie kursusse, veral die in skaars vaardighede, kan jou beslis help om werk te kry.
Matric College
Nie net bied Matriek Kollege jou die geleentheid om jou matriek te voltooi nie, maar ook kursusse om te studeer sonder matriek.
Vir meer inligting oor wat Matriek Kollege jou kan offer, klik hier.
The Skills Academy
The Skills Academy bied kursusse aan wat jy sonder matriek kan studeer, asook afstandonderrig klasse.
Klik here vir meer inligting oor die kursusse.
Wenke vir verdere studies
Doen navorsing:
- Voordat jy begin met jou verdere studies, doen navorsing oor elke instelling. Maak seker hulle het ‘n goeie reputasie.
- Google die instellings en lees alle kommentaar.
- Besoek Hello Peter ook om te sien of die instelling ‘n goeie reputasie het.
Kies die regte vakke:
- Seker kursusse sal spesifieke skool vakke vereis, maak seker jy kies die regte vakke vir die kursus wat jy wil studeer.
Bou jou loopbaan:
- Sukses na skool hang van jou af. As jy hard werk, sal jy goeie vordering sien. Lees die volgende artikel vir goeie wenke om jou loopbaan op te bou.
Die artikel is ‘n opgedateerde weergawe van die gepubliseerde artikel, gedateer 7 Februarie 2017. Sien die oorspronklike artikel hier.
Outeur: Jan Badenhorst, Hoof Uitvoerende Beampte, Matiek Kollege
Vertaler: Michelle Faddel