Moet jy jou matriek herskryf? Hier is alles wat jy moet weet.

Datum Gepubliseer: 15 Maart 2021

  • Jy het nie Matriek geslaag nie
  • Jy het een of twee vakke nie geslaag nie
  • Studie opsies na matriek
  • Betaal vir jou studies

2020 was ‘n rowwe skooljaar.  Met leerders wat tuis moes bly en nie klasse kon bywoon nie, is dit belangrik om te onthou dat 2020 se matriek uitslae nie so fantasties gaan wees nie. 

Gelukkig is dit nie die einde van die wêreld, indien jy nie matriek geslaag het nie.  Daar is verskeie ander opsies wat jy kan oorweeg indien jy nie geslaag het nie. 

Jy kan jou matriek herhaal, laat hermerk of ‘n aanvullende eksamen skryf.  Op die einde van die dag is niks verlore nie!  Jy het steeds opsies.

Hier is ‘n paar wenke wanneer jy dit oorweeg om jou matriek oor te skryf. 

Jy het nie matriek geslaag nie

Mislukking is nie ‘n maklike pil om te sluk nie, maar dit is belangrik om te onthou dat dit deel is van die lewe.  Mislukking beteken nie dat jy iets verkeerd gedoen het nie.  Inteendeel dit gee jou die geleentheid om iets beter te doen.

Terug skool toe

Jou beste opsie sal wees om terug te gaan skool toe.  Net die gedagte om die jaar te herhaal, klink uitputtend, maar dit sal jou in die lange duur bevoordeel.  Gaan terug na jou ou skool en werk ekstra hard. 

Druk jouself om harder te werk om te verseker dat jy vir jou ‘n belowende loopbaan kan bou!

Jy het ander opsies

Dit is nie die einde van die pad vir jou nie!  Om terug te gaan nou jou ou skool is nie jou enigste opsie nie.  Jy kan altyd jou matriek sertifikaat op ‘n latere stadium in jou lewe kry.  

Matriek Kollege is een van die instellings wat jou help om verder te studeer sonder ‘n matriek sertifikaat.    Hierdie kursusse kan fantastiese opsies vir jou bied, indien jy nie nog ‘n jaar op skool kan bekostig nie, of dalk wil begin werk.  

 The Skills Academy is nog ‘n kollege wat jou dieselfde opsies bied.  Jy kan ‘n skaars vaardigheid studeer wat jou die versekering gee om ‘n goeie werk te kry.  Met veelvuldige kursusse, sal daar een wees wat jou belangstelling sal prikkel.

Herhaal jou Matriek

Matriek Kollege bied jou die geleentheid aan om jou matriek te herhaal.  Hulle help jou ook om beter resultate te kry, indien jy nie tevrede is met jou punte nie.

Jy het een of twee vakke nie geslaag nie

Jy was so naby om te slaag, moenie moed verloor nie!  Daar is maniere om te slaag sonder om jou matriek jaar te herhaal en sodoende jou matriek sertifikaat te ontvang.

Hersien

Soms word antwoorde mis gekyk deur die nasieners.  Deur jou vraestel te laat hersien, kan jy verseker wees dat elke antwoord gemerk sal word. 

Die opsie sal ook verseker dat al jou punte reg opgetel word.  Dit kan die verskil maak tussen slaag of nie slaag.  Die koste verbonde aan ‘n hersien is R27 per vak.

Hermerk

Soms gebeur dit dat merkers jou nie die punt gee wat jy verdien nie.  Punte kan gemis word of die merker kan te streng gewees het.  Deur jou vraestel te laat hermerk, kan jy dalk meer punte kry vir die vak. 

Die koste verbonde aan ‘n hermerk is R112 per vak.  Dit sal die moeite werd wees as dit beteken dat jy nie jou jaar hoef te herhaal nie. 

Dit is baie belangrik om te onthou dat jy eers 7 dae nadat die vraestel hermerk of hersien was, kan sien.  Die koste verbonde aan dit is R219.

Herskryf

Die beste opsie sal wees om die vak te herskryf.  ‘n Aanvullende eksamen kan vir ‘n maksimum van twee vakke versoek word.  Dit kan jou beslis help om jou punte te verbeter. 

Jy kan ‘n aanvullende eksamen skryf as:

  • Jy twee of minder vakke nie geslaag het nie
  • Jy siek was en nie die eksamen kon skryf nie.  (Jy sal ‘n dokters brief moet hê) 
  • Jy nie jou hoër Onderrig vereistes behaal het nie
  • Jy het ‘n sterfte in die familie gehad.  (Jy sal bewys van dit moet lewer in die vorm van ‘n begrafnis brief)

Studie opsies na Matriek

Indien jy matriek geslaag het of nie, hier is ‘n paar opsies:

Studeer voltyds

Voltydse studie by ‘n universiteit beteken dat jy klas gaan loop.  Aangesig tot aangesig klasse  is ‘n moet vir voltydse studente! 

Hier is ‘n lys van Universiteite en Kolleges waarvan jy kan kies.

Deeltydse Studie

Deeltydse studie is perfek vir diegene wat wil werk terwyl hulle studeer.

Baie deeltydse studie instellings bied Afstandsonderrig ook aan.  Dit beteken jy kan studeer in die gerief van jou eie huis.

Bevestig hulle reputasie

Dit is belangrik om te studeer by ‘n instelling met ‘n goeie reputasie.  Werkgewers sal jou maklik aanstel, as jy ‘n kwalifikasie behaal het van ‘n instelling met ‘n goeie reputasie. 

Klik hier om te kyk of jou gekose instelling ‘n goeie reputasie het by die Raad van Hoër Onderwys.

Alle Umalusi geakkrediteerde kursusse kan hier gevind word. 

Klik hier vir kursusse van die Kwaliteit Raad vir handel en Beroepe. 

Vir alle geakkrediteerde kursusse deur Seta klik hier .

Doen jou eie navorsing ook.  Onthou om jou gekose instelling te soek op Google en deur al die kommentaar en komplimente te gaan.  Die laaste ding wat jy nou nodig het, is om op te eindig met ‘n slegte ervaring.

Betaal vir jou studies

Die finansiering van jou studies kan uitdagend wees.  Daar is gelukkig opsies, indien jy dit nie self kan bekostig nie.

NSFAS Beurse

Die Nasionale Studente Finansiële Hulp Skema (NSFAS) help baie studente met hul studie kostes jaarliks.  Lees meer hier oor wat hulle aanbied en hoe jy kan aansoek doen. 

Studente Lenings

Met al die bepalings en voorwaardes kan studie lenings ‘n bietjie erg voel.  Dit is ook ‘n fantastiese manier om jou studies te befonds.  Banke bied ook studie lenings aan.  Kontak of besoek jou naaste bank vir meer inligting. 

Vir meer inligting oor die wêreld van studente lenings, klik hier.

Vra jou werkgewer

Baie werkgewers help graag hulle werknemers om verder te studeer.  Dit is veral vir werknemers wat hulself bewys in die onderneming.

Of jy besluit om nou te studeer, later of selfs jou matriek sertifikaat na die ouderdom van 21 te kry, jy het opsies.

Outeur: Jan Badenhorst, Hoof Uitvoerende Beampte, Matriek Kollege
Vertaler:  Michelle Faddel