Datum Gepubliseer: 9 Maart 2021
- Jy kan aanlyn registreer of by enige onderwys distrik kantoor.
- Aanlyn registrasie sluit op die 28ste Februarie 2021.
- Handmatige registrasie sluit op die 12de Maart 2021.
Hoe om te registreer?
Jy kan aanlyn registreer of by enige onderwys distrik kantoor. Aanlyn registrasies sluit die 28ste Februarie 2021,terwyl handmatige registrasies op die 12de Maart 2021 sluit.
Hoe om aanlyn te registreer:
- Registreer by: https://www.eservices.gov.za.
- Gaan na dienste en begin ‘n nuwe registrasie.
- Laai ‘n kopie van jou oorspronklike ID dokument en hoogste geslaagde sertifikaat op. Alle afskrifte moet gesertifiseer wees.
Wat het nodig om te registreer:
Jy het die volgende dokumente nodig om te registreer:
- ‘n Volledige aansoek vorm.
- ‘n Gesertifiseerde afskrif van jou ID dokument, geboortesertifikaat of paspoort (buitelanders).
- Indien jy die eksamen herhaal moet jy ‘n afskrif van jou vorige hoogste geslaagde sertifikaat aanheg.
- Indien jy voorheen enige ander graad 12 eksamens geskryf het, moet jy jou eksamen nommers, vir voltooide eksamens, indien.
Hoe kwalifiseer ek vir die November 2021 Nasionale eksamen?
Om te kwalifiseer vir die November 2021 Nasionale eksamen, moet jy ‘n volwasse leerder wees, wat onder een van die volgende kriteria val:
- Volwasse leerder wat 21 jaar oud is en nie matriek voltooi het nie.
- Volwasse leerder wat 21 jaar oud is of ouer, wat nie Volwasse matriek voltooi het nie.
- Volwasse leerder wat 21 jaar oud is en wat ‘n Algemene Onderrig en Opleiding Sertifikaat (GETC) het.
- Volwasse leerder wat graad 9 geslaag het of die ou standerd sewe.
Volwasse leerder wat 21 jaar oud is en ‘n NQF-vlak kwalifikasie verwerf het, waarvan twee vakke offisiële tale is.1
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel