Datum Gepubliseer: 22 April 2021
- Die “The Institute of Certified Bookkeepers” bied 2 kursusse aan wat gelykstaande is aan ‘n matriek sertifikaat, asook as ‘n kwalifikasie op sy eie.
- Sertifikate gelykstaande aan Matriek is ‘n baie goeie opsie vir leerders wat nie Universiteit toe kan gaan nie. Met ‘n sertifikaat gelykstaande aan matriek, kan hulle studeer in ’n gespesialiseerde vaardigheid rigting en selfs begin werk.
- Al die kursusse aangebied deur ‘ICB’ is skaars vaardigheid kursusse. Dit beteken dat jy met jou ICB kwalifikasie maklik ‘n werk sal kry.
Sertifikate gelykstaande aan Matriek is meer voordelig vir studente wat nie akademies baie sterk is nie. Dit is ook die beste opsie vir individue wat nie universiteit toe kan gaan nie.
Hier is alles wat jy moet weet oor sertifikate gelykstaande aan Matriek.
Sertifikate Gelykstaande aan Matriek aangebied deur ICB
The Institute of Certified Bookkeepers is ‘n afstandonderrig instelling wat Besigheid en Finansiële Bestuur kursusse aanbied.
Elkeen van hierdie kursusse word internasionaal erken en word hoog geag deur werkgewers. Dit beteken dat jy heel waarskynlik ‘n werk sal kry met jou ICB kwalifikasie.
Twee van die kwalifikasies wat hulle aanbied is ‘n sertifikaat gelykstaande aan matriek EN dien ook as ‘n kwalifikasie op sy eie.:
- Further Education and Training Certificate: Bookkeeping
- National Certificate: Small Business Financial Management
FET Boekhou
Further Education and Training Certificate: Bookkeeping is ‘n NQF vlak 4 kwalifikasie en is 130 krediete werd. Nie net is dit ‘n kwalifikasie in boekhou nie, dit geld ook as ‘n sertifikaat gelykstaande aan matriek.
Om vir hierdie sertifikaat te studeer moet jy voldoen aan die volgende vereistes:
- ICB Junior Bookkeeping Certificate ‘n Graad 10 sertifikaat word benodig om te registreer.
Nasionale Sertifikaat in Klein Sake Finansiële Bestuur
National Certificate: Small Business Financial Management is ‘n NQF vlak 4 kwalifikasie en is 120 krediete werd. Nie net is hierdie ’n kwalifikasie in Klein Sake Finansiële Bestuur nie, maar asook ‘n sertifikaat gelykstaande aan matriek.
Om aansoek te doen vir die kwalifikasie moet jy voldoen aan die volgende vereistes:
- Jy moet ‘n Graag 11 sertifikaat hê.
- Indien jy nie ‘n graad 11 sertifikaat het nie, kan jy aansoek doen met ʼn NQF Vlak 3 sertifikaat.
Waarom jy ‘n sertifikaat gelykstaande aan Matriek moet oorweeg
Matriek is nie alles nie. Indien jy skool verlaat met ‘n graad 10 sertifikaat, en verder studeer vir ‘n sertifikaat gelykstaande aan Matriek, sal jy meer vaardighede bykry.
Byvoorbeeld, as jy skool verlaat na graad 10 en verder studeer vir ‘n FET Boekhou kursus, sal jy:
- In staat wees om in ‘n gespesialiseerde veld te kan werk: Dit sal nie moontlik gewees het met slegs matriek nie. Matriek sertifikate is nie gespesialiseerd nie. Dit help akademiese leerders om toegang tot verdere studies te kry, soos by universiteite.
- Maklik ‘n werk vind, omdat jy oor ʼn skaars vaardigheid beskik: Al het jy nie jou skoolloopbaan voltooi nie, sal jy steeds nie sukkel om ‘n werk te kry met jou kwalifikasie nie. Skaars vaardighede aangebied deur ICB is hoog in aanvraag.
- ‘n Goeie salaris verdien: Nie net sal jou skaars vaardigheid jou help om makliker werk te kry nie, jy sal ook ‘n goeie salaris verdien.
- ‘n Suksesvolle loopbaan kan bou: Met jou gespesialiseerde vaardigheid kan dadelik begin werk. Met ander woorde sonder dat jy jou skoolloopbaan voltooi het, kan jy reeds ‘n suksesvolle loopbaan bou. Jy kan selfs studeer vir ‘n diploma, dit is net een vlak onder ‘n graad.
Studeer vir ‘n Sertifikaat Gelykstaande aan Matriek
Hier is ‘n paar hoogs aanbevole kolleges wat die twee ICB kursusse, soos genoem hierbo, aanbied:
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel