‘Second Chance Matric’ : Hoekom is dit belangrik?

Datum Gepubliseer: 6 April 2021

  • ‘Second Chance Matric’  gee jou die geleentheid om jou matriek weer te skryf, indien jy dit nie die eerste keer geslaag het nie. 
  • ‘n Matriek sertifikaat kan baie deure vir jou oopmaak.  Dit sluit die moontlikheid in om selfs verder te studeer by ‘n universiteit van jou keuse.  Meeste werkgewers sal ‘n matriek sertifikaat vereis wanneer jy aansoek doen vir ‘n werk. 
  • Matriek het die mag om die siklus van armoede te verbreek.  Dit is omdat leerders verder kan studeer en ‘n beter kans het om ‘n werk te kry. 
  • Dit is baie belangrik om te onthou dat matriek is nie alles nie.  Sertifikate gelykstaande aan Matriek is net so goed.  Dit gebeur soms dat hierdie spesifieke sertifikate jou meer sukses kan bring as ‘n gewone matriek sertifikaat.

Dit is nie die einde van die wêreld as jy nie jou matriek geslaag het nie.  Met die ‘Second Chance Matric’  inisiatief het jy nog ‘n geleentheid om jou matriek te behaal. 

Hier is alles wat jy moet weet oor die belangrikheid van matriek en hoe om jou graad 12 jaar suksesvol te voltooi:

  • Wat is ‘Second Chance Matric’? 
  • Hoekom moet jy ‘Second Chance Matric’ oorweeg? 
  • Wat is die verskil tussen Nasionale Senior Sertifikaat en ‘n Senior Sertifikaat?  
  • Studie materiaal en voorbereiding vir jou Eksamens. 
  • Ondersteuning van jou Onderwysers en Ouers.
  • Sertifikate gelykstaande aan Matriek.

Wat is ‘Second Chance Matric’?

‘Second Chance Matric’ is daar om leerders te help wat nie hul matriek geslaag het nie.  ‘Second Chance Matric’ gee leerders ook die geleentheid om weer hul matriek eksamen te skryf. 

Indien jy nie jou matriek geslaag het nie, kan jy dit steeds slaag as jy registreer vir die ‘Second Chance Matric’ Inisiatief. 

Hoekom moet jy ‘Second Chance Matric’ oorweeg?

Daar is verskeie redes hoekom jy jou matriek moet behaal.  Alhoewel Matriek nie alles is nie, dit kan jou lewe net soveel meer gemakliker maak.  Hier is ‘n paar redes hoekom jy jou matriek sertifikaat moet kry:

  • Met ‘n Matriek Sertifikaat, kan jy Universiteit toe gaan: Indien jy ‘n Baccalaureus Slaag behaal, kan jy universiteit toe gaan.  Sonder ‘n BS kan jy nie by ‘n universiteit studeer nie.
  • Dit sal jou help om ‘n werk te kry:  Baie werkgewers versoek ‘n matriek sertifikaat wanneer jy aansoek doen vir werk.  Jy sal net op die   kortlys kom, as jy ‘n matriek sertifikaat het. 
  • Jou kan ‘n groter salaris verdien: Met ‘n Matriek sertifikaat is jou verdienste potensiaal dubbel soveel as wat jy sou gekry het sonder ‘n Matriek Sertifikaat of net graad 11. 
  • Jy kan verder studeer: Met ‘n matriek sertifikaat kan jy verder studeer.  Afhangende hoe jy geslaag het, kan jy Hoër Sertifikate, grade, diplomas en NATED kursusse studeer. 

Wat is die verskil tussen Nasionale Senior Sertifikaat en ‘n Senior Sertifikaat?

Jy ontvang jou Nasionale Senior Sertifikaat wanneer jy matriek slaag.  Wanneer jy jou matriek herskryf of opgradeer sal jy ook ‘n NSS ontvang. 

‘n Senior Sertifikaat word uitgegee aan leerders wat al langer as 3 jaar uit die skool is.  Met ander woorde as jy skool verlaat het in Graad 9 en dan later jou matriek skryf deur Volwasse Matriek, sal jy ‘n Senior Sertifikaat ontvang.

Studie Materiaal en Voorbereiding vir die Eksamens

Dit is dikwels ‘n groot uitdaging vir baie leerders, omdat meeste leerders nie toegang tot internet het nie.  Daar is wel instansies wat leerders help om toegang tot studie materiaal te kry, soos die Ukhanyo Foundation

Klik hier om meer inligting om voor te berei vir jou ‘Second Chance Matric’ eksamens.

Ouers en Onderwysers: Julle ondersteuning is baie belangrik

Leerders wat graag hulle ‘Second Chance Matric’ wil doen, gaan baie ondersteuning van hul ouers en onderwysers benodig.  Om te misluk is nie maklik om te aanvaar nie, veral nie as jy matriek nie geslaag het nie.

Hierdie leerders gaan soveel as moontlik ondersteuning benodig om hulle deur hul ‘Second Chance Matric’ te kry. 

Hier is ‘n paar wenke wat leerders kan help om hul matriek te slaag.

Sertifikate gelykstaande aan Matriek

Daar is ook die opsie om ‘n sertifikaat, gelykstaande aan matriek,  te kry.  Hierdie sertifikate kan jou help om sekere kursusse, wat ‘n matriek sertifikaat vereis, te studeer. 

Hier is twee kursusse gelykstaande aan matriek, wat jy kan studeer: 

Die Mag van Sertifikate gelykstaande aan Matriek

Die kans vir sukses, wanneer jy ‘n sertifikaat gelykstaande aan Matriek of TVET verwerf is baie hoër.  Die rede daarvoor is omdat jy meer deure vir jouself oopmaak met die vaardighede en kennis wat jy opgedoen het, tydens die kursusse. 

Dit is heel waarskynlik dat hierdie kursusse jou ‘n baie suksesvolle loopbaan kan verseker.  Byvoorbeeld, indien jy skool verlaat met jou graad 10 sertifikaat kan jy steeds Finansiële Rekeningkunde kursus studeer.

Teen die tyd wat ander leerders in jou jaar hul matriek behaal, het jy alreeds jou kwalifikasie verwerf wat jou die geleentheid gee om na ‘n paar jaar in finansiële Rekeningkunde te werk. 

Onthou, Matriek nie so belangrik is nie.  Indien jy sukkel om jou matriek sertifikaat te verwerf, onthou daar is ander opsies waar jy sukses sal behaal.

Institute of Certified Bookkeepers

The Institute of Certified Bookkeepers’ bied 5 kursusse aan, vier van hulle kan jy studeer sonder matriek. 

Elkeen van die kwalifikasies behoort aan die skaars vaardighede groep.  Dit beteken dat jy met hierdie kwalifikasies nie sal sukkel om ‘n werk, met ‘n goeie salaris te kry nie. 

Jy kan die kwalifikasies begin met net ‘n graad 10 of 11 sertifikaat.  Jy het nie matriek nodig om Finansiële Rekeningkunde of Besigheid Bestuur te begin studeer nie. 

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler: Michelle Faddel