Datum Gepubliseer: 6 April 2021
- Of jy jou matriek geslaag het of nie, jy het steeds opsies.
- Jou matriek slaag vlak sal bepaal waar jy verder kan studeer en watter kursusse of programme jy kan volg.
- As jy nie jou matriek geslaag het nie, is dit nie die einde van die wêreld nie. Jy kan steeds verder studeer. OF, jy kan jou matriek nou of op ‘n latere stadium herskryf.
Nou dat matriek verby is, moet jy weet hoe die lewe werk na matriek. Of jy matriek geslaag het of nie, jy het steeds opsies.
Hier is alles wat jy moet weet oor die lewe na matriek.
Nadat jy Matriek Geslaag het
Dit is ‘n fantastiese gevoel om jou matriek te slaag. Met jou matriek sertifikaat kan jy verder studeer op verskillende vlakke. Jy kan ook begin werk noudat jy jou matriek sertifikaat ontvang het.
Wat jy kan doen, nadat jy Matriek geslaag het
Jy kan matriek op die volgende 4 vlakke slaag.
- Baccalaureus Graad Slaag: Dit is die minimum vereiste om aansoek te doen by ‘n Universiteit. Hou in gedagte dat sekere grade, vereis verskillende APS tellings.
- Diploma Slaag: Met ‘n diploma slaag kan jy vir ‘n diploma studeer.
- Hoër Sertifikaat Slaag: ‘n Hoër Sertifikaat Slaag beteken dat jy kan aansoek doen om te studeer vir ‘n hoër sertifikaat.
- Nasionale Senior Sertifikaat Slaag: Dit is die minimum vereiste om matriek te slaag. Met hierdie slaag, kan jy aansoek doen vir kursusse wat ‘n matriek sertifikaat vereis of nie.
Klik hier vir meer inligting oor die APS Telling
Om jou APS telling te bereken, klik hier.
Nadat jy nie matriek geslaag het nie
As jy matriek nie geslaag het nie, is dit nie die einde van die wêreld nie. Jy het steeds ander opsies. Jy kan ‘n baie suksesvolle loopbaan bou, sonder ‘n matriek sertifikaat. Jy kan:
- Jou matriek herskryf met ‘Second Chance Matric’
- Volwasse Matriek op ‘n latere stadium doen
- ‘n Sertifikaat, gelykstaande aan matriek kry
- Studeer sonder matriek
Second Chance Matric
‘Second Chance Matric’ is ‘n goeie manier om jou matriek sertifikaat te kry. Jy kan jou eksamen herskryf, harder leer en probeer om dit die tweede keer te slaag.
Hier is ‘n paar wenke om jou te help voorberei vir jou ‘Second Chance Matric’ eksamens.
Volwasse Matriek
Volwasse Matriek is ‘n goeie keuse indien jy matriek op ‘n latere stadium wil doen. Jy kan jou volwasse matriek op die ouderdom van 21 jaar skryf en so jou matriek sertifikaat kry.
Sertifikate Gelykstaande aan Matriek
Matriek is nie alles nie. Jy kan selfs ‘n sertifikaat gelykstaande aan matriek kry wat jou toelating sal gee tot kursusse waar ‘n matriek sertifikaat of sertifikaat gelykstaande aan matriek vereis word. Baie NATED kursusse bied hierdie opsie aan.
Die twee kursusse kan gebruik word as sertifikate gelykstaande aan matriek:
- Further Education and Training Certificate: Bookkeeping – NQF vlak 4. SAQA ID 58376. Krediete: 130
- National Certificate: Small Business Financial Management – NQF vlak 4. SAQA ID 48736. Krediete: 120
Studeer Sonder Matriek
Jy kan steeds verder studeer sonder ‘n matriek sertifikaat. Baie kolleges bied kursusse aan wat jy kan studeer sonder matriek.
Van hierdie kursusse sluit kursusse in van ‘The Institute of Certified Bookkeepers’. Elke ICB kursus word beskou as ‘n skaars of kritiese vaardigheid wat jou ‘n beroep en standvastige salaris waarborg.
Hierdie hoogs aanbevole kolleges bied kursusse aan wat jy sonder matriek kan studeer, asook ICB en NATED kursusse:
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel