Datum Gepubliseer:15 Februarie 2021
- APS staan vir “Admission point score”
- Wat is die doel van ‘n APS telling?
- Hoe werk die APS telling?
- Word Lewens Oriëntering ingesluit in die APS telling?
Wat is ‘n APS telling?
APS staan vir “Admission Point Score”. Jou APS telling word deur universiteite gebruik om te bepaal of jy kwalifiseer vir sekere kursusse.
Die doel van ‘n APS telling
Leerders moet weet wat hulle APS telling is en verstaan wat die APS telling is. APS is uniek in sommige universiteite. Dit beteken dat jy jou navorsing moet doen, by die universiteit van jou keuse om te bepaal of jou APS telling ooreenstem met die vereiste van jou geselekteerde vak keuse.
Leerders moet die APS telling in gedagte hou wanneer hulle hul graad 10 vakke kies. Hulle moet ook goeie punte behaal in graad 11, omdat die punte gebruik word om aansoek te doen by universiteite.
Dit is baie belangrik om te weet dat die minimum vereistes nie genoeg is nie. Universiteite ontvang hordes aansoeke en slegs die beste leerders word gekies.
Lees hier oor die belangrikheid van jou APS telling.
Indien jy nie kwalifiseer vir universiteit nie, klik hier vir alternatiewe opsies.
Hoe werk die APS telling?
Universiteite gebruik jou APS telling om vas te stel of jy kwalifiseer vir die kursus waarvoor jy aansoek gedoen het. Die APS telling sisteem lig leerders ook in oor die tipe kursusse waarvoor hulle kan aansoek doen.
Dit help universiteite ook om deur al hulle aansoeke te werk. Om jou APS te bereken, het jy jou finale eksamen uitslae nodig. Die universiteit sal jou finale uitslae versoek sodra dit vrygestel word.
Jou matriek punte sal omgeskakel word in ‘n punte-/vlak stelsel. Hierdie punte sal bymekaar getel word om jou APS telling te bereken.
Die getal punte wat jy vir elke vak kry sal afhang hoe goed jy gevaar het in jou eksamen. Sien die tabel:
APS berekening voorbeeld:
Die totale APS telling is 40.
Word Lewens Oriëntering ingesluit in die APS telling?
Nee, Lewens Oriëntering word nie ingesluit by die berekening van jou APS telling nie.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel