Datum Gepubliseer:17 Februarie 2021
- NQF staan vir Nasionale Kwalifisering Raamwerk.
- Met ‘n graad 9 sertifikaat of NQF vlak 1 kan jy vir ‘n N1 NATED kwalifikasie studeer.
- Jy kan jouself op werk na ‘n NQF vlak 6 kwalifikasie sonder ‘n matriek sertifikaat.
- ‘n Graad is gelykstaande aan ‘n NQF vlak 7 en kan opgaan na ‘n NQF vlak 10 wat gelykstaande is aan ‘n doktors graad.
NQF vlakke is ‘n manier om gelykstaande leerervarings te meet. NQF vlakke wissel van vlak 1 (Graad 9) tot graad 10 (Doktors graad).
Daar is tradisionele en alternatiewe maniere om jou NQF vlakke te verhoog.
Wat is NQF vlakke?
Die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk teken die krediete, wat aan ‘n spesifieke studiegebied toegeken word, aan en gee ‘n NQF-vlak. Dit word gedoen om seker te maak dat alle opleiding oor die hele land, op dieselfde vlak, erken kan word.
Byvoorbeeld: ‘n Graad 9 sertifikaat het ‘n NQF vlak van 1. Dit geld vir alle graad 9 sertifikate regoor die land van geakkrediteerde skole.
Skool jare
Graad 9 is die eerste vlak van die NQF. In jou hoërskool ondervinding begin die NQF vlakke by 1 tot vlak 4. NQF vlak 4 is gelykstaande aan matriek.
Na-skoolse opleiding
Enige opleiding na skool gaan hoër op die NQF vlak. Wanneer na-skoolse kursusse deur die NQF geakkrediteer word, wissel dit van vlak 5 na vlak 10.
Jy het net Graad 9
Indien jy skool verlaat met ‘n graad 9 sertifikaat, het jy ‘n NQF vlak 1 sertifisering. Jy kan aan beweeg na ‘n NQF vlak 2 deur ‘n “National Certificate: Vocasional (NCV)” vir die eerste jaar te kry.
Jou tweede jaar NCV sal jou ‘n NQF vlak 3 gee. Jou derde en finale NCV jaar sal jou ‘n NQF vlak 4 gee. Dit is gelykstaande aan ‘n matriek kwalifikasie, omdat matriek ook ‘n NQF 4 vlak is.
Jy kan enige tyd wat jy skool verlaat, voor matriek en na graad 9, na ‘n gelykwaardige NQF-vlak gaan. Indien jy byvoorbeeld in graad 11 (NQF vlak 3) die skool verlaat, kan jy ‘n NCV of ander kursus volg wat jou ‘n NQF vlak 4 sal gee.
NATED Stelsel
Die NATED vlak stelsel byvoorbeeld: N4 is nie dieselfde as ‘n NQF 4 kwalifikasie nie. Met NATED kursusse, kan jy begin by N1 (NATED) met ‘n graad 9 (NQF 1 vlak) kwalifikasie.
Jy kan dan jou pad opwerk na ‘n N3 sertifikaat (NATED) wat gelykstaande is aan ‘n NQF 4 of matriek. Van daar kan jy dan weer aan beweeg na ‘n NATED N4 tot N6 wat gelykstaande is aan ‘n NQF vlak 5 kwalifikasie.
‘n NATED N6 Kwalifikasie met 18 maande se werk ondervinding is dan eers gelykstaande aan ‘n NQF 6 vlak. Dit is ook bekend as die NATED Nasionale Diploma.
Dit beteken dan jy kan studeer vir ‘n vlak net onder ‘n graad sonder matriek. Of selfs net met ‘n graad 9 kwalifikasie.
Die Instituut van Gesertifiseerde Boekhouers
Die Instituut van Gesertifiseerde Boekhouers begin met ‘n NQF vlak 3 kwalifikasie. Dit beteken jy kan sommige kursusse begin met ‘n graad 9 sertifikaat.
Jy kan ‘n ICB kursus volg met graad 10 of graad 11 ook. Hierdie kwalifikasie gaan al nie pad na ‘n NQF vlak 5.
NQF vlakke uiteengesit
Skool
- NQF 1: Graad 9
- NQF 2: Graad 10
- NQF 3: Graad 11
- NQF 4: Graad 12
Universiteit/Kollege
- NQF 5: Hoër Sertifikaat
- NQF 6: Diploma
- NQF 7: Graad
- NQF 8: Honneurs Graad
- NQF 9: Meesters Graad
- NQF 10: Doktors Graad
Alternatiewe Studie Metodes
Indien alternatiewe onderrig metodes gevolg word, werk die NQF vlakke soos volg:
NCV programme
NCV staan vir “National Certificate Vocational”. NCV programme begin by NQF vlak 2 tot NQF vlak 4.
- NQF 2: “National Certificate Vocational” eerste jaar.
- NQF 3: “National Certificate Vocational” tweede jaar.
- NQF 4: “National Certificate Vocational” derde jaar.
NATED Programme
Hier is die NQF vlakke onder die NATED Sertifikaat Programme:
- NQF 2: N1 NATED Sertifikaat
- NQF 3: N2 NATED Sertifikaat
- NQF 4: N3 NATED Sertifikaat
- NQF 5: N4, N5 en N6 NATED Sertifikaat
- NQF 6: Wanneer jy jou N6 voltooi met ‘n addisionele 18 maande werk ondervinding, sal jy jou N Diploma ontvang.
ICB Programme
Hier is die NQF vlakke van die ICB programme:
- NQF 3: Boekhouding– Nasionale Sertifikaat
- NQF 4: Boekhouding – FET Sertifikaat & Kleinsake Finansiële Bestuur – Nasionale Sertifikaat
- NQF 5: Kantoor Administrasie – Hoër Sertifikaat
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel