Datum Gepubliseer:18 Februarie 2021
- Probleemoplossing
- Spanwerk
- Kommunikasie
- Kreatiwiteit
- Emosionele Intelligensie
- Organisatoriese vaardighede
- Leierskap
- Self vertroue
- Vermoë om onder druk te werk
- Deursettingsvermoë en motivering
Probleemoplossing
Jy moet kan bewys dat jy ‘n logiese en kreatiewe benadering kan volg om probleme op te los. Dit is veral belangrik om te kan wys dat jy probleme van verskillende uitsigte kan oplos.
Spanwerk
‘n Werkplek sonder goeie spanwerk is ‘n tikkende bom. Die gees van ‘n spanspeler is baie belangrik in die werkplek.
Jou medewerkers en werkgewers sal jou bereidwilligheid, om saam met ander te werk, waardeer.
Kommunikasie
Dit is baie belangrik om goeie verbaal en nie-verbale kommunikasie vermoë te hê in die werkplek. Jy moet ook baie bewus wees van jou nie-verbale kommunikasie in die werkplek.
Kreatiwiteit
Kreatiwiteit is ‘n fantastiese vaardigheid om in enige rol in die werkplek te hê. Jou werkgewers sal wil sien hoe jy deur jou kreatiewe idees, die onderneming kan laat groei.
Emosionele Intelligensie
Emosionele Intelligensie is die vermoë om jou jou emosies te verstaan en te beheer. Jy moet bewus wees van jou emosies en hoe dit jou beïnvloed.
Indien jy bewus is van jou emosies, kan jy dit beheer. Dit is ‘n baie belangrike vaardigheid om te hê. Die werkplek kan jou onder druk plaas of jou emosies toets as daar uitdagings is. Jy moet weet hoe om jou in ‘n professionele omgewing te beheer.
Organisatoriese vaardighede
As jy organisatoriese vaardighede het, beteken dit dat jy belangrike take kan afhandel in ‘n bepaalde tyd. Dit is ook goed om werkgewers te wys dat jy sperdatums kan haal en jou tyd goed bestuur.
Leierskap
Al is jy nie dadelik ‘n bestuurder nie, is dit goed om te wys dat jy die potensiaal het om leiding te neem in die werkplek. Jy moet ook die vermoë toon om spanne en medewerkers te motiveer.
Dit gaan ook oor die suksesvolle toewysing van take, wanneer jy die verantwoordelikheid kry, sperdatums stel en altyd ‘n goeie voorbeeld is.
Self vertroue
Van die oomblik dat jou potensiële werkgewers jou in die onderhoud ontmoet, sal hulle selfvertroue soek. Self vertroue is ook ‘n bewys dat jy die werk sal kan doen.
Om in jouself te glo, speel ‘n groot rol om jou te help om jou werk te doen.
Vermoë om onder druk te werk
In die werkplek moet jy kan bewys dat jy onder druk kan funksioneer. Dit beteken dat jy kalm kan bly in ‘n werkkrisis en nie gestres sal raak nie.
Deursettingsvermoë en Motivering
Werkgewers wil mense hê wat hulself kan motiveer. Die beroepslewe het baie uitdagings en jy moet kan wys dat jy dit kan hanteer.
Klik hier vir meer wenke hoe om ‘n werk te kry.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel